Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Wednesday, April 21, 2010

Afrikaans in ver-linkse politiek getrek

Deur Radio Pretoria,
Twee geleenthede waar Afrikaans as tema gedien het, het die naweek plaasgevind.

Die eerste was die jaarlikse Veertjie-toekennings van die ATKV, waar persoonlikhede in die Afrikaanstalige media vereer is. Soos gewoonlik was dit die tradisionele mediagroepe soos Media 24 en SAUK wat met feitlik alle toekennings weggestap het. Lees verder...

Sunday, August 16, 2009

Afrikaans mag binne twee of drie geslagte uitsterf

PRAAG, Geskryf deur Dan Roodt,

Vrydagaand 14 Augustus (GRA-dag) het ek die onderstaande toespraak gelewer tydens 'n debat oor die toekoms van Afrikaans wat deur die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans gereël is. Mnre. Louis Smuts van Tabok en Cornelius Janse van Rensburg van die Vryheidsfront Plus se jeugbeweging het die saak vir die voortbestaan van Afrikaans verdedig, terwyl mnr. Henk van de Graaf van Radio Pretoria ook my pessimistiese prognose vir Afrikaans ondersteun het. Op pad na die Hervormde Kerksaal in Du Toitstraat in die middestad van Pretoria, het ons die indruk gekry dat ons vreemdelinge in die stad was. Terwyl die strate van Pretoria op 'n Vrydagaand wemel van mense, is daar geen blankes of Afrikaners te sien nie. 'n Mens wonder wat Paul Kruger en die oorspronklike stadsvaders daarvan sou gedink het, maar die demografiese transformasie - om 'n gepaste term te gebruik - van Pretoria ondersteun insgelyks my argument, dat Afrikaans sonder een of ander groot poging deur Afrikaners of 'n radikale staatkundige verandering in Suid-Afrika, bestem is om algaande te kwyn en dan uit te sterf. Lees meer...

Friday, August 14, 2009

14 Augustus: ná 134 jaar word Afrikaans weer onderdruk

PRAAG: Geskryf deur Dan Roodt

Soos wat die onderdrukking van Afrikaans onder die toenemend totalitêre ANC-bestel met sy "demonokrasie" toegeneem het, het verskeie Afrikaanse organisasies en individue spontaan begin om 14 Augustus as 'n belangrike datum op die Afrikaanse en nasionale kalender te gedenk.

Vir diegene van my geslag wat in die ou tweetalige Suid-Afrika grootgeword het - en wat eintlik 'n model vir taalbillikheid was, gegewe dat elke tuislandregering ook 'n swart streekstaal kon bevorder - het die Engelse brander wat sedert 1994 oor die land gebreek het as 'n groot skok gekom. Lees meer...