Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, April 30, 2010

Oproep tot verootmoediging

Geskryf deur Administrator - TLU SA
Vrydag, 30 April 2010 09:29
TLU SA het op 15 Maart 2010 namens 'n deel van die ad hoc-komitee (groepering van organisasies wat effektief die beoogde grondonteieningswetgewing teĆ«gestaan het in 2008) wat hul met sodanige versoek vereenselwig het, ‘n skrywe na die onderskeie kerkgroeperinge gestuur waarin ‘n versoek gerig is om op 9 Mei 2010 regdeur die land die onderskeie eredienste in die verskillende kerke in te rig met ‘n spesifieke fokus op die misdaad situasie in die land. Die brutaliteit wat grens aan die barbaarse tydens aanvalle ruk enige rasioneel denkende mens tot stilstand en is dit TLU SA se oortuiging dat die kragtigste wapen wat daar in hierdie deurmekaar land oorgebly het die krag van gebed is. Ons versoek die onderskeie gemeentes van die verskillende denominasies om voort te gaan met sodanige verootmoedigingsdienste.


TLU SA sal soos die gebruik deur al die jare gevestig is op Hemelvaart, 13 Mei, sy kantore sluit.

No comments:

Post a Comment