Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, February 10, 2010

Is die hoofstroommedia besig om selfmoord te pleeg?

Deur Anton Barnard -Samizdat

Die gedrukte media dwarsoor die wêreld sukkel met dalende leserstalle. Nes die binnebrandenjin perdry oorbodig gemaak het, is die ontwrigtende tegnologie van die internet besig om die verkope van koerante en tydskrifte erg te benadeel. Selfs die magtige New York Times oorweeg dit om sy gratis webwerf in die toekoms te verander na een waarop mens moet betaal.

Hier in Suid-Afrika is dinge nie anders nie. Die gedrukte media is op ‘n afwaartse trajek. Naspers is in die proses om personeel te verminder, ook onder die senior bestuur van hul Afrikaanse koerante. Sirkulasiesyfers van alle koerante val. Lees verder...

No comments:

Post a Comment