Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, April 8, 2010

Die AWB is nie die antwoord nie

Deur Anton Barnard - SAmizdat

Ek het my bes probeer om niks negatiefs oor die AWB te sê die afgelope paar dae nie, uit respek vir wyle Eugene Terre’Blanche. Ongelukkig is die temperatuur besig om handuit te ruk en kan ek nie langer stilbly nie.

Ja, ek verkwalik die singery van Kill the Boer vir die gebeure op Ventersdorp, asook die ANC se ruggraatloosheid en die kultuur van wetteloosheid in die land.

Ja, ek meen al lankal daar is reeds ‘n laegraadse burgeroorlog in hierdie land.

Ja, ek het al lankal ‘n beroep gedoen vir ‘n Afrikanersekerheidsmag, maar ek het moeite gedoen om klem te lê daarop dat ek dit as ‘n defensiewe mag sien, iets soortgelyk aan een van die privaatsekerheidsmaatskappye soos Chubb of ADT. My gedagte was ook om sodoende werk te skep vir werklose Afrikaners. Dit was beslis nié ‘n privaatweermag of ‘n mag wat ten doel het om volksmoord te pleeg nie. Hoekom dit nog nie bestaan nie is eweneens maklik om te verklaar. Só ‘n sekerheidsmag sal as ‘n privaatmaatskappy gestig en bedryf moet word, en dit sal groot hoeveelhede kapitaal vereis, byvoorbeeld vir ‘n beheersentrum, voertuie, wapens, uniforms, salarisse ensovoorts. Ek as iemand wat nie ryk is nie en nie die luukse het om heeldag by die huis te lê nie, het eenvoudig nie sulke soort geld of tyd om dit man-alleen op die been te bring nie.

Al wat ‘n konserwatiewe is, het nou egter LEES VERDER...

No comments:

Post a Comment