Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, April 16, 2010

Opebrief aan Steve Hofmeyr

Beste Steve,

Ek hoop nie jy gee om dat ek jou op die voornaam aanspreek nie, maar jy is in der mate volksbesit en deel van elke Afrikaner se belewingswereld, dat dit tog vir my voel asof ek jou persoonlik ken. Eerstens wil ek jou namens vele Afrikaners bedank vir die pragtige toespraak wat jy by Eugene Terre Blanche se begrafnis gelewer het. Hoewel vele van ons nie ondersteuners van ET was nie, het sy dood ons almal geruk. Dit is een moord te veel en die gebeurtenis versinnebeeld die diepe krsisis waarin Afrikaners/Boere verkeer.

Ek is seker jy sal saamstem dat die begrafnis en die opkoms van bykans 36 000 begrafnisgangers ‘n sleuteloomblik in ons volk se huidige geskiedenis is. Afrikaners is woedend en soek naarstigtelik leierskap in die hierdie krisis. Die begrafnis was die kataliserende oomblik vir die hereniging van ons volk en die volwaardige herontwakening van ons nasionalisme.

Dit bekommer my dat indien daar nie nou ‘n opvolgaksie gaan plaasvind nie die volksgevoel en die hoop wat die byeenkoms geskep het sal taan. Ek sien reeds het Angus Buchan aangekondig dat hy nou ‘n groot byeenkoms beplan. Dit is ‘n duidelike geval van opportunisme waardeur hy weereens ons volk se nasionalisme wil kaap en ons weet watter soort boodskap hy gaan oordra. Dit sal weereens een van ‘vergifnis en versoening’ met die onderdrukker wees en dus ‘n berekende komplot om die Afrikaner emosioneel te ontmagtig. Mens kan alleen wonder watter sinistere magte agter Buchan se perfekte tydsberekening sit.

Afrikaners benodig nou ‘n onmiddelike opvolgaksie. Dit is noodsaaklik dat Afrikaners so gou moontlik weer ‘n massabyeenkoms aangebied word waar hul hul nasionalsime kan beleef en die selfverwesentlike trots wat daarmee saamhang. Enige byeenkoms deur die engelsman, Buchan, sal gemik wees op die teenoorgestelde. Dit sal die belange van die regime dien.

Die vraag onstaan dan hoe sou so ‘n byeenkoms lyk en wat sou die sukses daarvan meebring. Met ander woorde, hoe kry ons soveel Afrikaners bymekaar? Daar is vele Afrikanerleiers vir wie ek respek het, maar dit is vir my duidelik dat geen enkele Afrikanerleier oor die profiel en charisma beskik wat jy het nie.
Ek het die voorreg gehad om verskeie van jou toesprake te hoor en wat my keer op keer opval is dat jy nie alleen ‘n goeie spreker en charsimatiese persoon is nie, maar dat jy ‘ook n wydbelese en hoogs intelligente man is.

Die feit dat jou persoonlike lewe telkemale deur die media onder die vergrootglas geplaas is en dat jou persoonlike foute sensasioneel uitgebuit is, het juis die teenoorgestelde uitwerking op my gehad as wat jou vyande in die media wou he. Ja, jy het foute begaan, maar wie het nog nie foute gemaak nie? "Laat hy wat nog nooit gesondig het nie die eerste klip gooi." Ek is oortuig daarvan dat jy ‘n diep gelowige mens is. Boonop weet ek nie of ek ‘n leier soek wat so foutloos voorkom dat die gemiddelde man nie met hom kan identifiseer nie. In elkgeval is daar vele vromes daarbuite wat hulself graag as leiers sou wou voordoen. Die feit is dat hulle almal in splintergroepies funksioneer, meestal nie oor leierseienskappe beskik nie en geen bree aanklank tot die volk het nie. Boonop, wie weet watter geraamtes hulle in hul kas het? Verder, nie een van hulle sal daarin slaag om meer as ‘n honderd of twee honderd mense vir ‘n byeenkoms te trek nie.

Met jou is dit anders. Jy is nie gebonde aan ‘n enkele organisasie nie. Jou aanspraak as Afrikaner/Boer en ‘n leier strek oor alle verdelingslyne. Jy is inderdaad volksbesit. Moontlik beskou jy jouself nie as ‘n leier nie, maar onthou ‘n ware leier kies nie om een te wees nie, die mense kies die leier.

Hiermee versoek ek jou om die leierskapsvakuum te betree. Jou volk het jou nodig. Selfs al sou jy nie die leier van die Afrikaner-/Boerevolk wees nie, benodig ons jou vermoe om mense bymekaar te bring, dringend. Ons het broodnodig dat jy die volk bymekaar roep vir ‘n opvolgeleentheid. Die begrafnis het sy doel gedien, maar nou het ons nodig dat jy, op die podium, saam met die ander volksleiers, ons toespreek oor die krisis waarin ons verkeer. Ek bid dat die Here jou sal lei, om hierdie vertoe te oorweeg en die regte besluit te neem.

Groete,

Vald du Plessis

5 comments:

  1. Die skrywer en Julius Malema is presies dieselfde. Julle verdien mekaar!

    ReplyDelete
  2. Vald, ek dink die oplossing lĂȘ in 'n innige en opregte verhouding met GOD en 'n in-diepte studie van die Woord van God. Sonder Jesus is ons verlore. Geen Angus Buchan of Steve Hofmeyr sal ons kan red nie. Mag jy die waarheid ontdek en daaraan vashou.

    ReplyDelete
  3. Ons kan ons nie aangaan om ons self aan die swart geweldenaars te onderwerp nie. Nee wat, draai die ander wang werk nie in Afrika nie. Ons moet nou saamstaan en ek stem 100% saam met Vlad.

    Al hierdie die volstruise met hulle koppe in die sand moet wakker word!

    ReplyDelete
  4. ASSEBLIEF MOET DIT NET NIE DOEN SONDER DIE HULP VAN ANDER WARE AFRIKANER LEIERS NIE.ONDERVINDING EN DEURDAGTE PLANNE KAN NET BERAAM WORD DEUR GROOT VINDINGRYKE INTELLEKTUELE MENSE SOOS DOKTOR PIETER MULLER EN SY SPAN,DOKTOR DAN ROODT ENS. INDIEN JY AL HIERDIE MENSE VERENIG KAN KRY IN EEN KAMP KAN SELFS STEVE HOFMEYER MY HERO WORD

    ReplyDelete
  5. Genugtig Vald - kom jy dalk van Mars af en is jy stokblind en storm dom? As jy is - word jy verskoon want dan kan jy seker nie verantwoordelik gehou word vir bogemelde skrywe nie, maar as jy nie is nie - dan het ek nie woorde oor nie! Waar het jy groot geword dat jy nie die ou Afrikaanse gesegde ken van "dade spreek meer as woorde nie!?" Dis mense soos jy en die Steve Hofmeyers van ons volkie wat veroorsaak dat ons nie meer 'n volk kan wees nie, dat ons nie meer as Christelik geag kan word nie en dat die wat kan (soos in 1820) na ander lande vlug net om weg te kom van die volks veraad in ons geledere!

    ReplyDelete