Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, July 2, 2009

Dan Roodt lewer repliek op Jan Jan Joubert en Hugo Geldenhuys

Afrikaner perspektief:

Die onderstaande skrywe is te sien op Twitter, sowel as in Rapport se aanlyn koerant. Dit vorm deel van die forum debat op Jan Jan Joubert se jongste rubriek.

Bron: Dan Roodt op Twitter

Hugo Geldenhuys se Stockholm-sindroom, 28/06/2009, Dan Roodt

Geagte mnr. Geldenhuys, u onbeleefde styl en gejy-en-jou spreek van ‘n voorheen benadeelde opvoeding. Feit is dat die Commercial Farmers Union van Zimbabwe juis gepoog het om Mugabe en sy trawante terwille te wees, maar op die ou einde is hulle plase gekonfiskeer en aan die Mugabe-kliek uitgedeel. “Grondhervorming” hier by ons volg presies dieselfde paadjie, behalwe dat sommige boere nog nie aan die Stockholm-sindroom ly nie. Stockholm-sindroom beteken mos dat ‘n mens diegene wat jou gyselaar hou of afpers, probeer paai deur saam te speel. Waarom moet ons boere die ANC se landboubeleid waarvoor die magtige party nie die “kepessitie” het nie, uitvoer? Betaal ons nie reeds genoeg belastings en heffings en word ons nie reeds genoeg benadeel deur rassewetgewing op opvoedkundige, ekonomiese en kulturele gebied nie? Hoeveel spogplase het nie al weens “grondhervorming” misluk nie? Plante en diere wat vrek sonder water of kos en ‘n amptenaar of drie in slap swart karre wat al die finansi? voordeel uit die transaksie put?
Ons moet ons oë begin oopmaak vir die werklikheid. Voedselproduksie het wêreldwyd ‘n strategiese aktiwiteit geword. Die Afrikaner in Suid-Afrika het die hef in die hand en moet met sy oorheersers begin onderhandel en nie meer oorgawe as die enigste (valse) hoop op oorlewing sien nie. Indien die ANC sy volgelinge wil opsweep om die boere se grond te kom vat, sal dit nie lank wees voor hongersnood en ‘n ekonomiese krisis onstaan nie en dan sal die ANC, anders as Zanu-PF wat deur Suid-Afrikaanse hulp aan bewind gehou word, binne enkele maande uit die mag wees. So dom is die magshonger ANC in elk geval nie. N?im besef hulle maar te goed hoe die Amerikaners en die Britte hulle dophou. Oxfam voer tans die oorblywende bevolking van Zimbabwe, maar wil nie noodwendig ook die 40 miljoen swartes in SA van kosrantsoene hoef te voorsien nie.
Ons moet nou bietjie gewerweld begin raak en ons gesonde verstand begin gebruik. Om as intellektuele slaaf vir ‘n sogenaamde “opkomende boer”, wat deur die Party op jou plaas ontplooi word, op te tree, is nie net eerloos lafhartig nie, maar ook plein dom. Vra maar vir Zimbabwe se CFU.
En Jan-Jansalie wat so hoog opgee oor die Franse revolusie en geen snars daarvan verstaan nie, het nog nie van Pierre Vergniaud se frase gehoor nie: “Die revolusie, soos Saturnus, verorber sy eie kinders.” Overgezet synde: diegene wat die ANC en radikale groepe soos PLAAS (Programme for Land and Agrarian Studies) se beleid help uitvoer, gaan eerste aan die hakskeen gebyt word.

No comments:

Post a Comment