Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, March 15, 2010

Wat sou gebeur as ons so iets sou sê

Deur Radio Pretoria

Julius Malema het ‘n liedjie gesing: “Skiet die boere, want hulle is verkragters.” Die ANC kom tot sy ondersteuning deur te verklaar dat dit ‘n vryheidsliedjie is en die bedoeling is skynbaar anders as wat dit klink.

Maar wat sou gebeur as een van ons kunstenaars dalk ‘n liedjie sou skryf: “Kom ons skiet die kaffers, want hulle is moordenaars?” En wat sou gebeur as ons politieke of kultuurorganisasies sou sê dat dit ons vryheidsliedjie is, en die betekenis nie dieselfde is as wat dit klink nie? So iets sou ‘n storm van die swart politici en publiek ontketen, wat byna onhanteerbaar sou wees.

Malema het dus hier in wese vers twee geskryf van sy ewe omstrede voorganger, Peter Mokaba, se eerste versie, “Kill the Boer, kill the farmer”. En dit sou dan vryheidsliedjies wees. Ons vra weer: wat sou gebeur as ons soortgelyke vryheidsliedjies skryf?

In ‘n polities gelaaide samelewing, waar moord hoogty vier, is sodanige uitsprake of “vryheidsliedjies” hoogs onverantwoordelik, en die aansprake dat dit ‘n vryheidsliedjie is, gaan nie by ons op nie. Daar is net te veel getuienis dat hier ‘n beplande aksie is teen die blankes van die land. Malema s’n is maar net een daarvan.

Onlangs het die PAC op die internetplatform, Facebook, ook ‘n oproep geplaas dat blankes vermoor moet word. Daar was ook inskrywings wat daarop dui dat daar een of ander aksie beplan word op 16 Junie, die ou Soweto-dag, om blankes dan aan te val en te vermoor, en tot die wit kinders te vermoor. Om in daardie omstandighede nog vêrdere oproepe te rig om boere te skiet, is roekeloos.

Inderdaad steun ons natuurlik enige aksie om Malema tot verantwoording geroep te kry. Ons het egter geen vertroue meer in ANC-geskepte instellings soos die Menseregtekommissie, wat al jare gelede bewys is ‘n hond sonder tande te wees. Netso met die gelykheidshof. En ons sal maar nog sien wat die polisie gaan doen met die strafregtelike klagte wat VF+ teen Malema gelê het, en wat die Nasionale Vervolgingsgesag uiteindelik daarmee gaan doen, en of dit nie ook maar soos die Zuma-korrupsiesaak van die tafel gevee gaan word nie.

Intussen het die ANC-president Jacob Zuma wel verskeie Afrikaner-organisasies en individue genooi na ‘n byeenkoms vanaand. TLU SA het te kenne gegee dat hy die Malema kwessie daar ter tafel sal lê, en afhangend van Zuma se antwoorde en beoogde optrede, sy strategie daarvolgens bepaal. Die sanger Steve Hofmeyr het na die hele Malema-affêre summier die Zuma-uitnodiging van die hand gewys, wat in diplomatieke terme seker een van die hoogste vorme van protes is om ‘n uitnodiging van ‘n staatshoof van die hand te wys. Dit sou trouens ‘n baie sterk boodskap uitstuur as Zuma se gaste almal so ‘n standpunt sou inneem.

Intussen beklemtoon ons weer eens die noodsaaklikheid om paraat te wees, en dit beteken om bewapen te wees. Malema se liedjie gaan beslis weer ‘n klomp van sy jong turke aanmoedig om blankes te wil aanval en te skiet, soos hy dit sê. Die vraag ontstaan tog of dit die rede is waarom die regering so graag wil hê dat die bevolking ontwapen moet word, sodat Malema se jeugbende kan skiet, sonder risiko om terug te skiet?

Ons kan dit nie toelaat nie, en ons doen weer eens ‘n beroep op ons volksgenote: maak nie saak hoe groot die opoffering en moeite is om ‘n wettige wapen te bekom of te herlisensieer nie: moenie daarvoor terugdeins en van u wapen ontslae raak nie. En as u reeds het: gaan skaf tog maar weer een aan. Solank Malema moord en doodslag teen die Boere besing, die ANC hom verdedig en Zuma ‘n Mbeki-tipe stille diplomasie oor die saak volg, is elke witmens in wese voëlvry verklaar, terwyl ‘n volkskaalse oorlog teen ons aangeblaas word. Beskerm uself so deeglik as wat u kan.

No comments:

Post a Comment