Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, February 2, 2010

Swakste argument ooit teen Orania

Deur Anton Barnard - Samizdat

Ek is self geen voorstaander van Orania nie. Na my mening skep Orania probleme vir die gedagte van selfbeskikking, omdat sommiges probeer voorgee Orania is reeds die volkstaat, en dit al te maklik is om vingers te wys na Orania se oënskynlike gebrek aan sukses. Die tipiese, snedige opmerking en retoriese vraag wat mens hoor is: “Maar julle hét mos julle volkstaat op Orania. Hoekom trek julle wat selfbeskikking voorstaan nie soontoe nie?”

Diegene wat dié vraag vra, ken natuurlik die antwoord en dis juis waarom hulle hul retoriese vraag vra. Daar is bykans geen ekonomiese geleenthede op Orania nie. As iemand dan wel wil vlug vir die misdaad en wanbestuur in Suid-Afrika, gaan dit hom nie veel in die sak bring om alles te verkoop en te gaan sit en krepeer op Orania sonder ‘n werk nie. Gevolglik het Orania slegs sowat 1500 inwoners, omdat die meeste mense, ook diegene wat ten gunste is van selfbeskikking, in rasionele eiebelang sal optree. Die wat kan, vlug eerder Perth toe, want daar is jy beide veiliger én jy het ‘n werk.
Lees verder...

No comments:

Post a Comment