Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, February 2, 2010

G6 en Olifanttenk beter voorbeelde as wyn

Deur Charl de Jager - My Beeld

In reaksie op Anesca Smith se berig: “SA reg vir opskudding” (Beeld, 1 Februarie).

Mnr. FW de Klerk het verskeie redes aangevoer waarom die verandering in Suid-Afrika teweeggebring is.

Het mnr. De Klerk dan vergeet wat gebeur het tydens die destydse wapenverbod?

Ons het onder meer die beste veld-kanon (G6) in sy klas ter wêreld ontwikkel, asook die Olifanttenk en die Rooivalk-aanvalshelikopter.

Hoe kan hy dit vergelyk met ’n bottel wyn wat nie uitgevoer sou word as die “demokratiese” verkiesing van 1994 nooit plaasgevind het nie?

Ek daag mnr. De Klerk uit: Kom sê wat jy in Londen kwytgeraak het vir ons in ons eie land en vir ons eie mense.

Kom sê dit vir Karen Bezuidenhout, wat Saterdagaand ’n weduwee geword het, kom sê dit vir Lauren en Jarrod Bezuidenhout, wat Saterdagaand hul pappa (Bossie) aan die dood moes afstaan deurdat ’n rower hom geskiet het toe hy sy seuntjie in die bed wou gaan sit.

No comments:

Post a Comment