Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, January 31, 2010

Waarom ons NOU 'n AO benodig

Artikels soos hierdie, wat daagliks in die media verskyn, belig die noodsaaklikheid waarom ons dringend 'n Afrikanerowerheid benodig. Is hierdie werklikheid nie erg genoeg vir ons leiers om hulle verskille op sy te sit en gesamentlik na ons bevryding te werk nie?

‘Dra my deur, Here, want dis te veel vir my’ - Beeld

Deur Linda de Beer

Die lewens van die twee susters wat in 2008 herhaaldelik deur drie jong inbrekers verkrag is, het ná die voorval onherroeplik verander.

Dit blyk uit ’n hartroerende brief deur die jongste suster (62) wat tydens die verkragters se verhoor by die rondgaande hof in Klerksdorp ingehandig is. Haar ousus (68), saam met wie sy 37 jaar lank gebly het, het tydens die verkragtings ’n beroerte gekry en is nou in ’n rolstoel.

“Ek het ook gevoel soos een wat ’n beroerte gekry het. Ek het net uitgeroep: ‘Here, wees my genadig! Laat ek tog nie sink, want ek is ook net ’n mens soos ander.

“Dra my deur, Here, want dis te veel vir my. Alles van ons is in fladders geskeur,” lui die brief.

Edwin Molefe (20), Pitso Kapelo (18) en Steven Selebale (25) is eergister tot tussen 16 en 25 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis weens die middernagtelike inbraak en die verkragting van die susters by hul huis in Alabama. Een se vierjarige kleinkind het van die verkragtings aanskou.

Die jongste suster skryf in haar brief hoe sy haar ousus mis. Sy sien haar soms weke lank nie. Sy bly nou by haar kinders in Alabama en haar suster in ’n ouetehuis in Klerksdorp. Hul huis het ná die inbraak en verkragtings afgebrand terwyl hul broer, wat toe alleen daar gebly het, geslaap het. Hy is in die brand dood.

“Vandag voel ek soos ’n voël wat van die een boom na die ander gaan. Ons het ons selfrespek verloor, net deur kinders (die jong verkragters). Soms voel ek soos een wat alles uitgedrink het en vir niks gesorg het nie,” skryf sy in die brief.

Die oudste suster se twee dogters het by die hof gesê hul ma en tannie was onafhanklik en het na baie mense in die gemeenskap omgesien. Nou is daar ’n ekstra las op hul kinders om na hulle om te sien en hul karige staatspensioen aan te vul.

“Dit maak nie saak hoe lank hulle (die verkragters) tronk toe gaan nie. Geen vonnis in die wêreld sal my ma se lewe terugbring soos wat dit was nie,” het een van die dogters gesê.

No comments:

Post a Comment