Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, January 27, 2010

Voer burgemeestersplanne deur

Geskryf deur TLU SA

TLU SA kan heelhartig sy ondersteuning gee aan die voorgestelde planne om die stelsel van uitvoerende burgemeesters te termineer, maar doen tegelykertyd ’n beroep op die regering om sy papierplanne, so gou moontlik in dade om te sit.

Die president van TLU SA, mnr. Ben Marais, sê ondervinding het geleer dat die huidige stelsel van uitvoerende burgemeesters, hom leen tot nepotisme en baantjies vir boeties, terwyl dit geen bydrae lewer tot dienslewering nie. “Die huidige stelsel maak ook voorsiening vir enorme salarisse vir die burgemeester self, en die hele burgemeesterskantoor wat daaromheen gebou word. Die afskaffing van hierdie ondoeltreffende stelsel kan plaaslike owerhede baie geld spaar, wat die druk om belastings te verhoog, kan verlig,” sê mnr. Marais.

No comments:

Post a Comment