Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, January 27, 2010

Verf Pretoria oranje, blanje, blou!


Die ANC se besluit om in openlike konfrontasie met die Afrikanerinwoners en belastingbetalers van Pretoria te tree met sy provokatiewe naamsverandering moet beantwoord word." So sê dr. Dan Roodt van PRAAG, in antwoord op die nuus dat die ANC se ontplooide kaders wat oor die munisipaliteit van Pretoria regeer, beplan om die stad se naam finaal te verander.

Roodt het inwoners van die stad versoek om hulself volgens kieafdelings te organiseer. In elke kiesafdeling moet 'n invividu, groepering, gesin, organisasie of ondergrondse sel verantwoordelikheid aanvaar om te sorg dat die kleure oranje, wit en blou op strategiese plekke aangebring word. Dit kan geverf word, vlae kan gehys word, of dit kan selfs snags met behulp van projektors op geboue en mure geprojekteer word.

"Stel die verbeelding aan bewind, is 'n ou revolusionêre slagspreuk," het Roodt gesê.

PRAAG sal binnekort 'n lys van Pretoriase kiesafdelings op die internet publiseer. "Hierdie is ook 'n gulde geleentheid vir opposisiepartye om hul ondersteuners en partylede op te vorder om insgelyks Pretoria oranje, blanje, blou te verf," meen Roodt. "Dieselfde aktiviste wat aan die verfaksie deelneem, kan aanstaande jaar sorg dat inwoners in groot getalle teen die ANC se onwettige - weens die onreëlmatige afbakening van die stad se grense - oorheersing oor Pretoria stem."

Volgens Roodt veg Afrikaners nie bloot vir die behoud van Pretoria se naam nie. "Dit gaan om veel meer as dit," het hy gesê. "Dit gaan oor ons vryheid, ons menswaardigheid, ons reg op 'n kultuur en 'n voortbestaan in hierdie stukkende, korrupte, misdadige en siek land. Ons sal die ANC beveg met woorde, met begrippe, met verf, selfs met wapens as dit moet. Maar ons kan nie langer toelaat dat ons in ons eie stad en in ons eie gebied deur die besetters vanuit Natal en die Transkei oorheers word nie."

No comments:

Post a Comment