Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, December 9, 2009

Nuutste Suid-Afrika kommentaar

Theunis Siener Cronje' sê... (Uit Beeld)

Soos duisende ander het ek elke oggend van my laerskool jare, op aandag gestaan terwyl ons die vlag gehys, en ons as kinders die vlaglied uit vollebors gesing het. Dit het my as kind geleer om trots te wees op iets. Jou skoolklere was jou uniform, jy het in perfekte rye gestaan op die vierkant, jou kouse was opgetrek en jy het selfrespek gehad. Waar staan ons met ons jeug vandag? Die "OU" Vlag het meer beter herinneringe as die nuwe een. Ons kon nog rustig slaap sonder n' palisade heining. Ons kon nog opkyk en enige tyd van die dag n' Bosbok, Flossie, of n' Oryx sien, en weet daar is mense wat ons beskerm. Vandag sien jy n' opskrif soos die' en jy wonder waar is die fokus van ons leiers??? "ORANJE" Lerieke: DF Malan Musiek: Theunis Siener Cronje My drome, skakerings van my gewete My gewete, gebeure wat eens was Dis n’ storie, van n’ nasie, wat moet opstaan Verdrukking van die siel, die volk en vlees Dis my eiendom, my grond, my trots, en my plaas Bloedsweet gewerk, die water was skaars Saam het ons gebou aan die wingerd en wild Maar snags word dit gebuit, my spies, my swaard, my skuld My Oranje, My Oranje (Ons vir jou Suid Afrika x 3) My Oranje, Blanje, Blou Die kleur van my toekoms Die kleur van my hart Die kleur van my volk Die kleur van my smart Oranje, Blanje, Blou… My kinders, het n’ erfenis van niks My hande, krom en seer tog fluks Ek klou aan die verlede, vryheid sonder vrees Rustig en slaap, veilig en bedees Die kanker wat vreet, aan ons ou land Geweld en korrupsie, ons is nou gestrand Die piesang republiek n’ vergete paradys Die bloed wat so stol, en die hare wat rys Saam het ons gebou, ja dit was my land Maar snags word dit gebuit, my spies, my swaard, my skuld My Oranje, My Oranje (Ons vir jou Suid Afrika x 3) My Oranje, Blanje, Blou Die kleur van my toekoms Die kleur van my hart x2 Die kleur van my volk Die kleur van my smart Oranje, Blanje, Blou… Ons vir jou Suid Afrika...

No comments:

Post a Comment