Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, December 5, 2009

Moenie hom ’n held maak

deur Gerhard Lourens - Beeld

Terwyl die lof en prestasies van gevierde selfmoordenaars allerweë besing word, word ’n kernwaarheid rakende selfmoord buite rekening gelaat: Selfmoordenaars is in wese ontoereikende persoonlikhede wat op lang termyn nie in staat is om hul eksterne bestaanseise en interne psigiese spanninge suksesvol te hanteer nie.

Die botsing van kulture en die disintegrasie van beskawing is enkele van die veeleisende toestande waaraan almal blootgestel is. Dit moet konstruktief gehanteer word, eerder as om desperaat en gewelddadig daaroor te raak.

Ons moet nie “celebrities” maak van mense wat nie in staat is om omgewingseise doeltreffend te hanteer nie. Dit kollektiviseer en epidemiseer desperaatheid en magteloosheid.

No comments:

Post a Comment