Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, December 6, 2009

Kosmopolitaanse fundamentalisme

Geskryf deur Anton Barnard -Samizdat

Ek het wyle Chris Louw se laaste rubriek in die Beeld gelees. Louw se afsterwe is tragies en ek wonder hoeveel sy persoonlike wanhoop oor nie net sy persoonlike situasie nie, maar ook sy wanhoop oor die toekoms van die land, met sy selfmoord te make gehad het. (Wás dit selfmoord – waar kry hy ‘n AK-47, vra ek myself af?)

In sy laaste rubriek maak hy ‘n hele aantal geldige punte, maar hy skryf tog enkele dinge waarmee ek nie heeltemal saamstem nie, byvoorbeeld as hy die volgende sê: “Ek kan my kwalik voorstel dat ek wil gaan eet waar daar net Afrikaners is, amper soos Sondag se nagmaal by die Gereformeerde kerk op die loom Aranos van my jeug.” Voorts skryf hy “En daarby vind ek dit moeilik om my met wit rassiste – gewoonlik mense wat ’n volkstaat voorstaan – te identifiseer, bloot oor die stomme eenogigheid waaruit alle vooroordele spruit.”

Toe ek nog op skool was en afsonderlike ontwikkeling steeds amptelike beleid was, was daar tog enkele plekke wat “internasionaal” was. “Internasionaal” was ‘n eufemisme vir “veelrassig.” Van die restourante op die Jan Smutslughawe was veelrassig. So ook die restourant op die boonste verdieping van die Carltonsentrum in die middestad van Johannesburg, asook sekere plekke in Hillbrow. Mens kon ook by plekke soos Sun City in die voormalige tuislande vryelik met diegene van ander rasse meng.

Dit was vir ons wat in ‘n gesegregeerde samelewing grootgeword het, aanvanklik baie vreemd om te sien hoe sit swartes aan die tafel langs jou. Ek onthou hoe ek my verstom het aan die tafelmaniere by ‘n eetplek in die vroeë dae van Sun City, maar dit was tog op ‘n manier ‘n nuutjie gewees.

Daar is uiteraard diegene wat dit baie meer as net ‘n blote nuutjie gevind het, en selfs sover gegaan het om later van tyd met swart eggenotes te trou, en in swart of gemengde gebiede te gaan woon toe klein apartheid eers afgeskaf is.

Die probleem met alle nuutjies is egter dat dit gou oorwaai. Toe raswetgewing eers volledig geskrap is, het ons vinnig agtergekom dat daar ‘n hele aantal geweldige groot nadele is aan rassevermenging. Een enorme nadeel is die bykans ongelooflike toename in misdaad wat daarmee gepaard gegaan het. So ook het standaarde in baie gevalle in duie gestort agv die vermenging, byvoorbeeld in hospitale.

Ek kan vandag eerlikwaar sê dat ek nie saam met wyle Chris Louw stem nie. ‘n Kosmopolitiese samelewing hou slegs ‘n bekoring in vir ‘n besondere soort persoon, en dan slegs in samelewings waar die meerderheid blankes is. Londen en New York is kosmopolitiese stede wat leefbaar is omdat die meeste van die res van die land blank is, en omdat dinge gevolglik meestal werk en wette daar afgedwing word. Lagos is stellig ook kosmopolities maar daar is geen manier dat selfs die mees liberale blanke hom daar sal gaan vestig nie. Die groot meerderheid blankes, in Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika, verkies egter om in blanke gebiede te gaan woon. Dit was vir my wonderlik lekker om in voorstedelike Pennsylvania te woon vir ‘n ruk en dikwels nie een swart gesig die hele dag lank te sien nie.

In die VSA is daar ‘n bekende verskynsel bekend as “white flight.” Sodra die eerste paar swart of “Hispanic” gesinne ‘n gebied of skool binnekom, slaan die blanke inwoners op die vlug. Die buurt verloor blitsvinnig sy blanke inwoners, behalwe diegene wat te arm is om te trek. Ek twyfel of ál daardie Amerikaners potensiële Ku Klux Klan lede is. Dit is veel eerder ‘n heel natuurlike begeerte om jou te assosieer met mense wat soos jy lyk en wat jou waardes deel.

Ek kan eweneens sê dat ek geen haat vir swartes koester nie, maar dat dit vir my die mees natuurlike ding is om my met mense wat soos ek lyk, te wil assosieer. Kennelik vind sommige swartes blankes ook onaantreklik, maar die negroïede voorkoms staan my hoegenaamd nie aan nie. Ek voel geen aangetrokkenheid tot hetsy Afrikane, hetsy hulle kultuur nie. Dit geld nie slegs vir inwoners van Afrika nie. Ek sal dikwels die kanaal verander as ‘n Amerikaanse program of rolprent met swartes as die hoofkarakters op die kassie verskyn, meestal omdat ek glad geen aanklank by hulle en hul kultuur kan vind nie.

Bostaande geld selfs vir diegene wat die hoogste opgee oor hoe kwansuis nie-rassig hulle sou wees. Die optrede van die liberaliste weerspreek hul eie woorde dikwels. Hulle sal hoog en laag sweer oor hoe lekker dit sou wees om in ‘n township te kuier, hoe bykans al hul vriende swart is en hoe kleurblind hulle sou wees. Nietemin is hulle meestal met ‘n blanke getroud, en woon hulle in ‘n relatief-lelieblanke gebied. Daar is ‘n dissonansie tussen wat hoe die liberalis sê en hoe hy optree, met ander woorde.

Wat my aanbetref is Chris Louw verkeerd in dié opsig dat dit kwansuis rassisties sou wees om met jou eie soort te wil assosieer, al is dit binne ‘n volkstaat. Dit is ook so dat die liberales en linkses hul eie eenogigheid aankleef en inderdaad anti-blanke rassisme pleeg. Hiermee bedoel ek dat dit ‘n aartssonde is in die oog van ‘n liberalis om gehoor te gee aan jou natuurlike instink om met mense soos jy te wil assosieer. Vir die liberalis is die enigste toelaatbare lewensmodel ‘n multikulturele een, waar doelbewuste rassevermenging die enigste eerbare optrede is.

Op sy eie manier is hierdie ook ‘n soort fundamentalisme, en eintlik ook niks anders nie as anti-blanke rassisme nie, omdat dit eenvormige witheid verwerp en ‘n mengelmoes teen alle koste nastreef. Enige iemand wat kettery pleeg teen hierdie fundamentalisme word onmiddelik met die rassiswoordjie gebrandmerk.

No comments:

Post a Comment