Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, August 11, 2009

Mzanzi-simbole

Geskryf deur Vlad du Plessis

(Insetsel : Die ANC en Mzanzi vlae langs mekaar. Dit is opvallend en bekend waar die swart, geel en groen van die Mzanzi vlag vandaan kom. Die rooi was klaarblyklik 'n vergunning aan die kommuniste van die SAKP.)

Hiermee reageer ek op Hennie van der Walt se skrywe op PRAAG oor die kwessie van die volkslied en vlag. Oor die NSA-vlag sê hy:

"Ek het weer 'n broertjie dood aan die nasionale vlag. Dit het 'n pragtige ontwerp; 'n gulde geleentheid het egter verbygegaan om nasiebou te bevorder indien die huidige rooi baan in die vlag oranje van kleur was. Indien daar 'n nuwe volkslied sou kom, moet die vlagkwessie ook aandag geniet."

Ek stem saam met hom oor beide die vlag en die volkslied, maar nie om dieselfde redes nie. Ten eerste sou ek verkies dat "Nkosi Sikelel' iAfrika" die ekslusiewe volkslied van die Mzanzi-staat word, aangesien die onheilige huwelik met hierdie terroristeliedjie ons lieflike "Die Stem" brutaal verkrag.

Wat die NSA-vlag betref, sou ek verkies dat die ANC-vlag die amptelike vlag word, want die Mzanzi-staat is bowenal 'n ANC- eenpartystaat en so 'n simbool sal 'n eerliker weergawe van die waarheid wees. Van der Walt reken ook dat die rooi in die die Jockey- (onderbroek-)vlag van Mzanzi met oranje vervang moet word. Nie net sal dit heraldies ten hemele skree, soos die ganse gebroedsel wat hierdie vlag reeds is nie, maar dit sal weereens 'n totale mismaking en vernedering van 'n lofryke Afrikaner- em Dietse simbool, naamlik die kleur oranje, wees. Gelukkig het die ANC 'n kleintjie dood aan enigiets oranje en sal dit dus nooit gebeur nie.

Afrikaners soos Van der Walt moet besef dat die Reënboognasie finaal misluk het. Om aan te hou met opregte pogings van versoening blyk 'n ekslusiewe Afrikaneroefening te wees. Dit het nou reeds die punt bereik waar sulke pogings nie net die reeds skreiende beskaming van ons volk in hierdie swart rassebestel verdiep nie, maar waar dit ook skree van desperate witvoetjie soek by 'n regime wat ons ten diepste verag. Wil ons werklik aanhou om onself so te verneder? Het ons geen trots nie?

Hierdie is dieselfde debat as die sogenaamde "Vryheidsmuur" wat die naam van elke terroris wat die ANC-bende in hul sg. "stryd" verloor het, vertoon. Dank die Vader die ANC wou nie gestorwe lede van die SAW se name daarop aanbring nie. Dit sou 'n totale belediging wees om ons eerbare jong Afrikanersoldate se name op die ANC se grafittimuur te plaas.

Gelukkig gaan ons helde se name nou eerbaar op 'n muur by die Voortrekkermonument vertoon word. Daar kon seker nie 'n meer paslike toedrag van sake wees nie. Dit was egter hoogs vernederend hoe die Afrikanerbond, Solidariteit en ander Afrikanersentriste en links-sentriste by die ANC gesmeek het dat ons helde ook op die ANC se skandmuur moes verskyn.

Afrikaners moet trots raak op hul eie simbole en ophou om aan Mzanzi-simbole lof toe te swaai. Ons eie simbole is heraldies verhewe bo die Mzanzi-mismaaksels en beskik oor 'n ryke en trotse geskiedenis. Dit is om hierdie rede dat ons by Perspektief aktief die Afrikanervlag, wat reeds wyd aanklank geniet, en wat heraldies die mees volledige Afrikanersimbool is, as ons volk se nasionale vlag bevorder.

No comments:

Post a Comment