Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, December 9, 2009

‘Dis buite orde!’ roep Cele toe hy ou landsvlaggie sien

Dries Liebenberg

Durban. – Komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister ontstoke gereageer op ’n ou landsvlag op ’n lessenaar in ’n Metrorail-kantoor.

Cele en mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, was in die stad om die polisie se misdaadbekampingsplan vir die vakansie bekend te stel.

Mthethwa het op pad na ’n konferensiesaal in die Durbanse spoorwegstasie vasgesteek toe hy die vlaggie op ’n lessenaar van ’n junior Metrorail-bestuurder gewaar het.

Hy het Cele dadelik nader geroep. Dié het vir die vrou wie se kantoor dit is, gevra wat die vlaggie op haar lessenaar soek.

Met ’n groot weergawe van die nuwe landsvlag wat teen die muur bo haar pryk en ’n Sharks-vlag in die venster, het die vrou stilweg geantwoord dis vir haar iets moois.

“Dis buite orde!” het Cele uitgeroep en opdrag gegee dat daarop beslag gelê word. Lees verder...

1 comment: