Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, December 1, 2009

Chris Louw se dood so tragies soos Verwoerd s'n .


Geskryf deur Dan Roodt -PRAAG,

Die nuus dat Chris Louw vandag dood op sy plasie anderkant die Hartebeestpoortdam aangetref is ná 'n skynbare selfmoord, het vir my persoonlik as 'n geweldige skok gekom. Nie net omdat ek Louw goed geken het nie, maar omdat ek 'n spesiale band met hom gevoel het.

In baie opsigte het ons 'n gedeelde geskiedenis gehad: as rebelle of opstandelinge in die ou Suid-Afrika wat sterk krities teen die destydse Broederbond, Afrikaanse koerante en Nasionale Party was, maar wat toenemend ook deur die huidige bestel ontnugter is. Vandaar die feit dat PRAAG se heel eerste boekpublikasie in 2000 'n uitgawe van die volledige "Ope brief aan Willem de Klerk" was wat Louw destyds aan die broer van FW de Klerk gerig het. Lees meer...

No comments:

Post a Comment