Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Tuesday, October 27, 2009

Swart polisie verkrag nog 'n wit vrou

Verkragting is 'n erkende deel van volksmoord. Uit die onderstaande artikel kan ons sien hoe die swart polisie deelneem aan hierdie gruwelike dade.

Polisie verkrag glo jong ma

Johannesburg – Twee polisielede in uniform het ’n ma van drie jong kinders glo eergister “herhaaldelik” in die vroeë oggendure in Kemptonpark, Johannesburg verkrag.

Martie Olivier (29) se man, Sarel, is daarna woedend na die Kemptonpark-polisiekantoor waar hy verskeie polisielede aan diens met die vuis aangerand het.

Volgens mnr. Olivier kon hulle later dieselfde dag nie klagte van verkragting indien nie, omdat die polisie glo nie hul verklarings wou afneem nie.

Olivier en sy vrou het Saterdagaand by sy ouers in Birch Acres gebraai, waarna hulle by ’n nabygeleë kroeg ’n drankie gaan drink het, het hy gister aan Volksblad vertel.

Hul nagmerrie het kort ná middernag op pad huis toe begin toe mnr. Olivier in ’n huis se oprit ingedraai en weer agteruit gery het om ’n U-draai te maak.

’n Gemerkte polisievangwa het toe skielik voor die egpaar se Toyota Run-X gestop.

Twee mans in polisie-uniform het daarna uitgeklim en die motor se deur aan die bestuurderskant oopgeruk, het mnr. Olivier vertel. Hulle het hom toe glo sonder enige verduideliking agter in die vangwa gegooi.

“Die een polisieman het na my gekom en gevra wat ek bereid is om te gee vir my man om los te kom,” het mev. Olivier vertel.

Sy het R400 wat sy by haar gehad het, vir hom gegee.

Hy het egter wéér gevra: “Is jy regtig lief vir jou man? Is daar nie meer wat jy kan doen nie?”

Hy het toe glo agter die stuur van hul motor ingeklim en na die Kemptonpark-polisiekantoor gery. Die polisievangwa het agterna gery, het mev. Olivier gister vertel.

“Sowat 200m van die polisiekantoor het ek gesien die motor trek van die pad, maar ek het niks daarvan gedink nie. Dis mos polisie,” het mnr. Olivier gister vertel.

By die polisiekantoor het die polisielid wat die vangwa bestuur het, die deure agter oopgeswaai en glo aan mnr. Olivier gesê “dat hy dronk bestuur het, maar nou kan gaan”.

Die ander polisielid het na bewering kort daarna in die Run-X met mev. Olivier op die passasiersitplek langs hom by die polisiekantoor aangekom. Toe mnr. Olivier langs haar in hul motor klim, het sy vir hom gesê sy is verkrag.

“Sy het getraumatiseerd gelyk en ek kon sien haar onderklere is geskeur,” het hy gister vertel. Hy het hierna kaalvuis onder polisielede ingeklim.

Mnr. Olivier se regterhand was gister nog verbind.

“Toe ek weer by my motor kom, was my vrou weg. Ek het gedink sy het weggehardloop.”

Sy het vermoedelik haar bewussyn verloor nadat een van die polisielede glo haar kop teen die instrumentpaneel gestamp het terwyl mnr. Olivier in die polisiekantoor was. Volgens mev. Olivier was twee polisielede egter by haar in die motor toe haar man in die polisiekantoor was.

Mev. Olivier het vertel sy het eers weer op die sitkamervloer van ’n onbekende huis wakker geword.

Haar volgende herinnering is dié van ’n sekuriteitswag wat haar in die blomtuin van die Boston-sakekollege wakker skud.

“‘Hy het my gevra hoekom die polisie my hier afgelaai het. Ek kon hom nie antwoord nie,” het sy gesê.

Ná ure se gesoek het mnr. Oliver haar glo eindelik om “presies 07:20” in ’n gehawende toestand vanaf die Boston-sakekollege sien stap. Hy het haar onmiddellik na die polisiekantoor geneem waar sy medies ondersoek is.

Semen is aan haar liggaam en rok gekry. Sy het ook sigbare beserings aan haar geslagsdele gehad.

Met Volksblad se besoek was daar ’n reuse-knop teen haar voorkop.

“Ek het krapmerke en bloukolle tussen my bene en aan my lyf. In ons motor was daar ook bloed van die eerste keer wat ek verkrag is,” het sy gister vertel.

Mev. Olivier neem sedertdien antiretrovirale middels om haar teen MIV/vigs te beskerm.

Die Oliviers het gister klagte van verkragting, aanranding en omkopery ingedien. “Ek kan nie nou alles presies onthou nie. Ek was so benoud toe ek die klag moes gaan indien. Ek wou nie eens soontoe gaan nie. Ek vertrou nou niemand nie,” het sy gesê.

Sy is egter vasberade om “sterk te wees”.

“Wie weet wie is volgende op hul lysie?”

No comments:

Post a Comment