Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, September 7, 2009

SANW ’n welsynsirkus

deur Soldaat, Westonaria

Ek glo die hele Suid-Afrika het die toertjies van stakende soldate van die SA Nasionale Weermag in hul optog vreeslik geniet (gratis sirkus op ’n weeksaand).

Enige onopgeleide persoon kon sien dat die “krygers” van die SANW min of uiters swak opgelei is. Hulle kon nie eens die basiese gevegsdrils wat enige soldaat toepas om in ’n gevegsituasie te oorleef, uitvoer toe hul eie land se polisie op hulle losbrand nie.

Hierdie “krygers” is tien teen een in hul poste weens nepotisme, regstellende aksie, integrasie of een of ander politieke aanstelling. Die ou SA weermag was die beste weermag in Afrika wat deur goeie militêre kennis en optredes gekenmerk is.

Die nuwe SANW dwing geen respek af by enige land nie, want die buiteland weet wat hul vermoëns en vaardighede is. Net nog ’n derdewêreld-“army” vol welsynsgevalle wat eintlik a-politiek moet wees en die land verdedig.

Baie opgeleide en gekwalifiseerde oudsoldate (bruin, swart en wit) wat die SANW die afgelope 15 jaar weens integrasie en die niebeskikbaarheid van poste verlaat het, sal enige dag weer in die SANW wil dien, maar nie saam met dié klomp narre wat hulself soldate noem nie.

Die SA regering moet ophou geld mors op ’n begroting vir hierdie massiewe welsynorganisasie en eerder die beskerming van die land aan private instellings gee.

Baie oudsoldate wat weer by die SANW wil aansluit, loop hulle teen mure vas omdat hierdie mense, wat beroepsoldate was en is, nie welkom is in die nuwe SANW-sirkus nie.

Bron: http://www.rapport.co.za/Content/MyRapport/Briewe/2346/d3f1dc122fdf4839b04675c466e57bfa/05-09-2009-03-23/SANW_%E2%80%99n_welsynsirkus

No comments:

Post a Comment