Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, September 3, 2009

Ons is in staat van oorlog waar wit mense deur rassistiese misdadigers uitgewis word

deur Marius Botha,

Baie dankie aan Kanada, wat die eerste land in die wêreld is wat erkenning gee aan die feit dat ons met ’n regering sit wat nie belangstel om sy eie mense (afhangend van hul velkleur) te beskerm nie.

Brandon Huntley, ek respekteer jou aansoek om vlugtelingstatus en wens jou geluk met die sukses daarvan. (Ek beny jou.)

Ek hoop ook hierdie sal dien as presedent vir die wêreld wanneer ander wit Suid-Afrikaners om vlugtelingstatus begin aansoek doen.

Ronnie Mamoepa se reaksie is absoluut lagwekkend: “Die Suid-Afrikaanse regering moes eers geraadpleeg word.”

Ek meen, regtig, ou Ronnie: Jóú regering is die oorsaak dat ons al lankal in vlugtelinge verander het.

Wat sal raadpleging met julle werk? (Julle is so hopeloos, julle het jul eie mondstuk – die SAUK – bankrot wanbestuur.)

Die feit bly staan: Ons is ’n land in ’n staat van oorlog waar wit mense stelselmatig uitgewis word deur rassistiese misdadigers, terwyl die regering op die kantlyn staan en rassisme teenoor wit mense nog boonop áánblaas (Julius Malema en medehansworse wat duidelik ’n oorlog wil hê).

Dit gaan my verstand te bowe! Mense, skrik wakker: Óf ons moet wegvlug van hierdie land af óf ons sal moet begin met die een of ander massa-aksie of protesoptogte of iéts.

Dinge kan net nie meer so aangaan nie. Ons sal móét begin saamstaan.

Die werklikheid daal nou uiteindelik op die wêreld neer: Wit Suid-Afrikaners is nie net meer te midde van ’n diaspora nie, ons is vlugtelinge...

Bron: Beeld

No comments:

Post a Comment