Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, September 9, 2009

’n Motorbom vir Heerengracht 40 ?

Geskryf deur Vlad du Plessis,

Duidelik bereik rassepolarisasie ’n nuwe hoogtepunt in Suid Afrika. Die Caster Semenya-debakel, die Hlope/Kriegler-konflik en die Brandon Huntley-geval versinnebeeld die toestand van rassewrywing in die land. Rassehaat word aangeblaas deur ANC-politici en vind uiting in kruipende volksmoord op blankes.

Dit was onvermydelik dat ’n bedeling waar Afrikaners en swartes in een staatsbestel saam gedwing word tot rassepolarisasie sou lei. Slegs die ongelooflik naïewe blanke liberales het werklik geglo dat swartes vreedsaam en met goeie bedoelinge oor hul voormalige "onderdrukkers" sou regeer. Die realiteite van 'n “multirassige” SA is dat dit ’n onwerkbare staat is en dit word by die dag meer duidelik.

Behalwe dat Afrikane geen benul het van hoe om eerstewêreldse staatsdepartemente te bestuur nie, is daar klaarblyklik ’n kulturele probleem met moraliteit en etiek wat beslag in ongebreidelde korrupsie op alle vlakke vind. Meer as voldoende bewyse bestaan dat die meeste staatsdepartemente en plaaslike owerhede heeltmal wanfunksioneel is. Vir die gemiddelde Afrikaner is hier geen verrassing nie, alhoewel die ekstreem-linkse Media24 (Naspers) glad nie die kloutjie by die oor kan bring nie.

Wat egter interessant is uit beide die gevalle Caster Semenya en Brandon Huntley is hoe die linkse ekstremiste van Media24 die skuld voor Afrikaner-deure probeer le. Die comrades by Media24 sing nou saam in die ANC-koor dat Caster Semenya se geslag deur "rassistiese blankes" by die IAAF verdag gemaak is. Hiermee neem Media 24 luidkeels deel aan Chuene en Malema se verdagmakery rondom ‘’blanke rassisme’’. Media24 ontsien nie om ons as die skuldiges uit te wys nie, en daarby verdere haatmisdaad jeens ons aan te wakker nie.

Ook in die geval van Brandon Huntley, wat tereg Kanadese asiel ontvang het, beskuldig Media24 Huntley daarvan dat hy die Kanadese IRB met hoorsê oortuig het. Weereens suig Media24 leuens uit die duim om die ANC-mantra te verkondig. Ek is seker dat die Kanadese IRB nie sou sukkel om oorweldigende getuienis van die rassistiese bestel te vind wat in die NSA geld nie.

Terselfdertyd het Naspers en die res van Suid-Afrika se ANC-skoothondjiepers ook, vir enkele dae, geheel en al opgehou om verslag oor swart-op-wit-aanvalle te lewer. Het daar skielik vrede in Suid-Afrika aangebreek? O nee, glo my, dis maar net deel van hul ANC-gedienstigheid om voor te gee asof blankes nooit die slagoffers van swartes is nie. Hiedie gru werklikheid is egter te oorweldigend om te onderdruk en oplaas het die misdaad (swart-op-wit) beriggewing weer hier en daar begin deursyfer.

In Sondag se Rapport loods die linkse propagandahuis (Naspers) 'n striemende aanval op die Huntley-saak. Rapport gaan sover om swart-op-swart misdaad in Alexandra as 'n groter probleem as die swart-op-wit misdaad elders te klassifiseer. Hoe op aarde kan Rapport glo dat swartes se onderlinge sosiale geweld erger is as die rassemoord wat swartes op ons pleeg!?

Dan Roodt het tereg die opmerking gemaak dat dit verbasend is dat Afrikaners nog nie Engelse skole afbrand nie. Met die konstante Afrikaner-verguising deur Media24(Naspers) vind ek dit egter ewe verbasend dat Afrikaners nog nie 'n nota uit Timothy McVeigh se boekie geneem het en 'n kunsmis-motorbom voor Heerengracht 40 parkeer het nie. Miskien is ons as Afrikaners te ordentlik om so iets te doen. Ons wil immers nie iets doen waarin onskuldige slagoffers mag omkom nie. So verloor mens net die morele hoëgrond en dit verlang ons nie.

Nogtans, Media24(Naspers) is aan die voorpunt van die propaganda-oorlog teen die Afrikaner. Die ‘’media’’-huis misbruik sy Afrikaanstaligheid om ons mense deur middel van disinformasie lam te lê sodat die ANC sy Totale Aanslag, wat nou in volksmoord manifesteer, op ons kan voltrek. Beslis is hier ’n onverklaarde oorlog aan die gang en Media24 veg willens en wetens saam met die vyand teen ons. Soos in enige oorlog sal ons maniere moet vind om met die vyand en sy lakeie af te reken. Ons sal die oorlog moet beantwoord met kragdadigheid. Nogtans moet ons intelligent en binne die wet optree. "Intelligent" is die sleutelwoord...

1 comment:

  1. Haai foeitog... Shame! Die skrywer van hierdie artikel het sekerlik met 'n sif gekeer toe sy dierbare moeder hom met sy eie ekskrement gegooi het...

    ReplyDelete