Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, August 31, 2009

SA se 1ste wit vlugteling

Ottawa – ‘n Wit Suid-Afrikaanse man is vlugtelingstatus in Kanada toegeken, nadat ‘n immigrasie-paneel bevind het dat hy vervolg sou word, sou hy na Suid-Afrika terugkeer.

Volgens die Ottawa Sun is dit die eerste keer dat ‘n wit man van Suid-Afrika vlugtelingstatus in Kanada ontvang om hom teen swart Suid-Afrikaners te beskerm.

Die paneel het bevind dat Brandon Huntley (31) genoegsame bewyse kon gee wat daarop dui dat “die regering nie geskik of bereid is om hom te beskerm nie”.

“Ek het bevind dat Huntley ‘n maklike teiken in Suid-Afrika sou wees as gevolg van sy velkleur,” het William Davis, die voorsitter van die paneel, gesê.

Sewe keer aangeval

Volgens Huntley, wat in Mowbray in Kaapstad grootgeword het, is hy reeds sewe keer deur swart mense aangeval in Suid-Afrika.

Volgens hom is hy ‘n “wit hond” en ‘n “boer” genoem.

“Hulle het haat in hulle oor die verlede, als gaan oor die kleur van ons vel,” het Huntley na bewering gesê.

Hy is in 2004 vir die eerste keer Kanada toe. Hy woon sedert 2005 onwettig in dié land en hy het in April 2008 aansoek gedoen om vlugtelingstatus, berig die Ottawa Sun.

Bron: http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/6062f40f00e7413bb97901512530ccf4/31-08-2009-04-01/SA_se_1ste_wit_vlugteling

No comments:

Post a Comment