Geskryf deur Dirk Uys,
Vir die meeste Suid-Afrikaners voel dit deesdae of misdaad ongekende afmetings aanneem. Elkeen van ons lees soggens die koerante met ontsetting en beskik oor heelwat anekdotiese gegewens oor rampe wat ons of ons vriende en kollegas tref: diefstalle, inbrake in motors, kapings, moorde en so gaan die lys aan.
Daar is talle bewyse dat die regering se statistiek óf gemanipuleer word, of foutief bereken word, wat beteken dat ons nie regtig ’n duidelike beeld kan vorm van hoe groot die probleem dan nou is nie. In September vanjaar word nuwe misdaadstatistiek weer bekendgestel en ons kan solank aanneem dat ook hierdie syfers waarskynlik met ’n knippie skeptisisme bejeën moet word.
Maar nou ja, kom ons kyk na enkele syfers:
Huisrooftogte het vanaf 9 063 per jaar in 2002 -’03 tot 14 481 in die 2007-’08-periode gestyg.
Vir moorde hou ons tans die wêreldrekord, met oor die 20 000 jaarlikse slagoffers.
Sakerooftogte het amper verdriedubbel tot ’n jaarlikse syfer van 9 862 in die 2007-’08-boekjaar.
Meer as 14 000 motors word jaarliks gekaap.
In Julie vanjaar was daar 29 gewelddadige aanvalle op winkelsentrums. Augustus se finale syfer beloof om selfs hoër te wees.
Dan moes ons boonop op 19 Augustus uitvind dat meer as ’n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat jaarliks by die polisie aangemeld word, nie opgelos word nie. Hierdie uitspraak is gemaak deur Willie Scholtz, voorsitter van die Suid-Afrikaanse kriminele misdaadwerkgroep, wat ’n voordrag by die Universiteit van Kaapstad se sakeskool gelewer het.
Ons hoor gereeld vrome geluide oor hoe besorg die regering oor misdaad is en van ons eie cowboy, polisie-kommissaris Bheki Cele, se dapper uitsprake wemel die pers deesdae. Cele wil misdadigers voor die voet laat skiet. Dit is nou wanneer die Sunday Times hom nie aantref in die Victoria & Alfred waterfront, besig om geskenkies ter waarde van R40 000 vir sy geliefde aan te skaf nie.
Die probleem is dat geluide nie die misdaadprobleem kan oplos nie. Wat ons nodig het, is duidelik gestruktureerde, intelligente aksieplanne. En daarvoor het Mnr Cowboy helaas nie die nodige insig nie. En is dit nie juis die probleem nie? Dat ons almal te huiwerig en polities korrek is om die olifant in die vertrek by die naam te noem? Daar is nie die nodige vermoë of “kapasiteit” by die ANC-leiers, of hulle trae polisiebeamptes, om die situasie daadwerklik aan te spreek nie.
Nou soek die deskundiges maar eerder na eufemistiese verdoeselinge van die waarheid. Willie Scholtz blameer misdaad op die gebrekkige insameling van getuienis op misdaadtonele, onvoldoende ondersoeke en ondoeltreffende hofsake. Dít is volgens hom die redes waarom slegs 10% van alle misdadigers uiteindelik veroordeel word.
Antony Altbeker, kenner op die gebied van geweldmisdaad en skrywer van die boek A country at war with itself, meen daar is geen eenvoudige verklaring vir ons hoë misdaadsyfer nie. “Ek dink nie dit gaan oor hoe arm ’n samelewing is nie. Daar’s ’n vlak van traagheid by ons. Die geweld bou op en kry ’n lewe, ’n dinamika van sy eie.”
Vir Johan Burger van die Instituut van Sekerheidstudie is die ongelykhede in hierdie land die rede vir ons hoë misdaadsyfer.
Niemand het egter die moed om die regerende party, en die bevolkingsgroep wat hulle verteenwoordig, as bloot onbevoeg uit te wys nie. Dit sal natuurlik op rassisme neerkom.
Wat hierdie situasie soveel meer kommerwekkend maak, is dat die regerende elite eintlik min gepla is deur misdaad. Hulle word immers nie in hulle beveiligde huise hierdeur geraak nie, en bedags ry hulle in kavalkades rond. Tokyo Sexwale mag dalk ’n aand in ’n plakkerskamp deurbring om die ellende van naby te sien, maar môre-oormôre loop hy weer in ’n snyerspak in Hyde Park rond; die toestande wat hy gister aanskou het reeds vergete.
Wanneer mens na statistiek oor armoede kyk, blyk dit dat 2 van die 4 miljoen blankes in hierdie land reeds verarm het. Sowat 10% van hierdie 2 miljoen leef al met R1000 en minder per maand. Binne hierdie konteks word die misdaadprobleem nog ontstellender, want basies is hierdie behoeftige mense nog steeds die teiken van misdadigers, wat op grond van hulle slagoffers se velkleur aanneem dat hulle vermoënd is, terwyl dit lankal nie meer die geval is nie.
Antony Altbeker wonder in sy nuwe boek hoekom daar meer misdaad hier is as byvoorbeeld in Zimbabwe. Hy kan dit kwansuis nie verstaan nie. Hierdie naïwiteit bring ons by die tweede olifant in die vertrek. Swart misdadigers sien blankes as maklike teikens en haal nie net hulle ekonomiese frustrasie op hierdie minderheidsgroep uit nie, maar ook hulle politieke haat en frustrasie omdat hulle bevolkingsgroep ná vyftien jaar van vryheid steeds nie genoegsaam vooruit kon beur nie.
Vir blankes is die enigste uitweg om diskreet dog ferm verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid in hierdie absurde konteks te neem. Ons mag ons veiligheid nie meer delegeer na onbetroubare veiligheidsmaatskappye of van die regering verwag om ons te help nie. Die Psalm 91-plakker op die agerruit is ongelukkig ook nie die oplossing nie. Hoe gouer ons van hierdie illusies ontslae raak, hoe beter.
Ons is nog altyd gesien as ’n praktiese nasie, wat ’n plan kan maak in enige omstandighede. Ten einde misdaad doeltreffend te beveg, moet ons die waarheid aan die groot klok hang en vir eens en altyd besef dat ons hier te doen het met booswigte en regeringslui wat inherent onbevoeg is. Ons moet hulle dan ook so benader en ’n strategie ontwerp wat hierdie aspekte as vertrekpunt sien. Ons kan nie meer toelaat dat Zuma en kie ons met mooi retoriek paai nie. Dit gaan nie jou woning veilig hou en jou vrou vrywaar van ’n dwaalkoeël iewers by ’n petrolstasie nie. Dit het tyd geword dat Afrikaners intelligent en analities na die misdaadsituasie kyk. Ons moet die probleem kragdadig benader en ons passiewe slagoffermentaliteit laat vaar, anders is dit verby met ons in hierdie brutale land.

No comments:
Post a Comment