Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, July 31, 2009

Nuwe Tuks-rektor sit rasseoorheersing oor Afrikaners voort

Afrikaner perspektief: PRAAG, Geskryf deur Dan Roodt,

Hoewel die bruin bevolking van Suid-Afrika oor die laagste deelname aan tersiêre onderrig beskik, is hul besetting van rektorsposte die hoogste, veral as dit by voorheen Afrikaanse universiteite kom. Met die aanstelling van prof. Cheryl de la Rey as rektor van die UP, beskik vier uit die vyf "histories Afrikaanse universiteite" oor bruin of kleurlingrektore.

Indien enigiemand nog daaroor getwyfel het of daar rassekwotas by die aanstelling van rektore geld, kan hy of sy maar gerus wees: daar ís rassekwotas.

Blykbaar word 97% van alle akademiese publikasies in Suid-Afrika deur blankes geproduseer en meer as die helfte daarvan deur blanke mans. Geen blanke man kwalifiseer egter meer om as rektor van 'n Afrikaanse universiteit aangestel te word nie en veral geen blanke Afrikanerman nie.
Lees verder...

No comments:

Post a Comment