Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, July 10, 2009

Die huidige bedeling: Waarom swartes blankes sal uitwis (Deel 1)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Die jongste skrywe deur Dan Roodt, oor Thabo Mbeki se plan vir die uitwissing van die blanke bevolking, het my weer ernstig laat besin oor die bestaanskrisis waarin ons tans verkeer.

Ons volk se geskiedenis word gekenmerk deur die een krisis om voortbestaan na die ander. Dit wil amper voorkom asof ons alleenlik tussen die twee Vryheidsoorloë en vanaf die periode 1948 tot 1994 nie moes veg om 'n bestaan te voer nie. Altwee hierdie periodes was tydens Afrikaner-selfbeskikking wat uiting in ons eerste drie republieke, naamlik die ZAR, die OVS en die RSA(1961 tot 1994), gevind het. Hoewel ons in die jare van die bosoorlog geveg het, was ons tog veilig in die fort van ons republiek. Die huidige republiek, daarenteen, is nie ’n Afrikaner-republiek nie en weens die erodering van ons burgerregte is Afrikaners tans wesenlik staatloos.

Dit bring mens ook tot die onvermydelike gevolgtrekking dat Afrikaners se voortbestaan onbetwisbaar van die bestaan van 'n Afrikaner-republiek afhang. Meer hieroor egter in 'n latere skrywe.

Die huidige konteks waarin ons lewe, naamlik die situasie waarin ons deur swartes regeer word, is 'n vorm van ekstreme bedreiging vir ons volksvoortbestaan. Die laaste keer wat ons 'n bedreiging van soortgelyke graad beleef het was die tydperk rondom die Afrikaner-holocaust tydens die Britse konsentrasiekampe. Daardie was sekerlik die donkerste uur in ons geskiedenis, hoewel ons in die huidige situasie baie naby aan dieselfde vlak van bedreiging verkeer.

Daar kan nie ontken word dat 'n stadige volksmoord reeds in swang teen Afrikaners, op plase en in stede, is nie. Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is een van die Afrikaner-organisasies wat prontuit pleit dat die volksmoord op boere aangespreek word. Vele ander Afrikaner-organisasies het reeds aanvaar dat die sogenaamde misdaadvlaag niks minder as 'n lae intensiteit volksmoord is wat teen Afrikaners gevoer word nie.

Heelwat Afrikaner-sekuriteitskenners is van mening dat hulle bewyse het dat die ANC wel besig is om terroriste op te lei. Aanvalle geskied te dikwels met millitêre presisie. Dikwels herken slagoffers aanvallers as lede van die plaaslike polisie. Voorts word wapens van die SANW en SAPD gereeld op tonele van terreur gevind.

Wanneer dr. Dan Roodt beweer dat dit in swart politieke kringe bekend is dat Mbeki 'n plan ontwikkel het om blankes - en Afrikaners spesifiek - 'die see in te jaag', dan pas dit perfek in met die gebeure rondom die aanvalle op Afrikaner-burgerlikes. Ek sal ook op 'n latere stadium verder uitwei oor die genosiede begeerte wat binne die ANC teenoor Afrikaners bestaan.

Dit is ongelooflik naïef, tot op die punt van totale gekheid, om te glo dat Westerling en Afrikaan in vrede en voorspoed saam in Suid-Afrika kan leef. Dit bly vir my nog steeds een van die grootste raaisels dat Afrikaners ten aangesig van die verskriklike wreedhede wat Afrikane regoor Afrika teen wittes gepleeg het, geglo het dat dit anders in hul eie land sou wees.

Hierdie dwaling onder Afrikaners kan myns insiens grotendeels toegeskryf word aan die sukses waarmee die liberales die media gemonopoliseer het om ons volk te mislei. Mense wat alle kontak met die Afrika-werklikheid verloor het, deur te maak asof dit nooit gebeur het nie, het onder leiding van Britse en Amerikaanse ideologiese invloed die liberale idee omhels dat die individu, en nie etnisiteit nie, in 'n Suid-Afrikaanse demokrasie die bepaler van politiek sal wees. Nasionale Party politici (waaronder FW de Klerk, Roelf Meyer, Pik Botha ens.) het met die hulp van Naspers (Media24) asook die SAUK Afrikaners doelbewus gebreinspoel en mislei. Godsdiens het natuurlik 'n belangrike rol hierin gespeel, maar dit is 'n onderwerp vir 'n bespreking op sigself. Dan Roodt het onlangs betekenisvol hieroor geskryf.

Die liberale mistasting van multikulti word nog steeds deur politieke partye soos die DA aangehang, selfs al kan daardie party bykans geen swart kiesers trek nie. Pas is Cope, wat ook probeer het om 'n interrrassige party te wees, besig om te verbrokkel, nes die UDM eens gedoen het. Binnekort sal dit, soos die UDM, net nog 'n party wees wat rondom die persone van een of twee swart politici bestaan. Van die multirassige ideaal sal niks oorbly nie. Weereens het blanke kiesers hul stemme op die onbereikbare multirassige ideaal verspil.

Word vervolg...

No comments:

Post a Comment