Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, July 6, 2009

Die groot ontnugtering: Hoe maak jy 'n verrotte fetus groot? (Deel 2)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Tim Du Plessis sê voorts :"Dié keer weerhou ek voordeel van die twyfel. Dié esel stamp sy kop net een keer teen dieselfde klip. "

Behalwe dat sy nuutgewonde versigtigheid heeltmal te laat is, is dit boonop leuens. Selfs nadat die ANC-regering die een flater na die ander begaan het, nadat die een anti-Afrikaner aksie na die ander van stapel gestuur is, het hierdie linkse gespuis volhard om die NSA aan ons te verkoop. Mense soos Tim du Plessis het die hel wat die gewone Afrikaner elke dag moet beleef, ontken. Die stille volksmoord (wat nie meer so stil is nie) ontken hy nogsteeds.
Nou is die spul Dakargangers en hul geestelike volgers skielik ontnugter. Die super-liberalis, Frederik Van Zyl Slabbert, die eens liberale akademiese historikus Herman Giliomee en die liberale Naspers-redakteur, Tim du Plessis, en vele meer (soos Andre P. Brink, Breyten Breytenbach, Chris Louw ens.) is nou skielik ontnugter. ‘’Hoe is dit moontlik...? Hoe kon die ANC dan nie sy woord gestand doen nie...?’’ Skielik ontwaak hulle uit een massale beswyming van ‘n selfgeskepte liberale hipnose wat nooit enigiets met die werklikheid te make gehad het nie. Hoe groot moet die skok van die werklikheid nie vir hulle wees nie...?

Die res van ons het egter geen ontnugtering beleef nie. Ons is nie verbaas nie, want dit is presies wat ons verwag het. Hoewel Du Plessis beweer: "Die 1996-Grondwet is ’n goeie een – in letter én in die gees waarin hy ontvang en gebore is," weet elke regdenkende Afrikaner reeds lankal dat hierdie septiese misgeboorte in sy verstikkende, etterbesmeerde stank, wat mens se asem wegslaan en die braaksel in die kiewe laat opskiet, die kind van Afrika is. Tog meen Tim steeds dat hierdie verotte fetus in die gees van voortreflikheid gebore is.

Bogenoemde stelling:"Die 1996-Grondwet is ’n goeie een – in letter én in die gees waarin hy ontvang en gebore is," is die mees onverantwoordelike stelling wat 'n koerantredakteur kan maak. Dit is 'n stelling wat stam uit die onvermoë om gevaar en enorme risiko raak te sien. Dit weerklink van goedgelowigheid oor die vyand en geen sin van besorgdheid oor hoe die gebrek aan veiligheidskleppe jou eie mense aan die haat en nyd van die vyand uitlewer nie. Die Groot Leuen in hierdie stelling verkondig die onwaarheid dat totale magsoorgawe nie net wenslik was nie, maar dat dit ook die enigste moontlike skikking was wat bereik kon word.

Dit is doodgewoon onwaar. Die magtige Suid-Afrikaanse Weermag-gesteunde regering van De Klerk het die hef in die hand gehad en die ANC was destyds by verre die swakker party aan die onderhandelingstafel. Dis 'n bekende feit dat die ANC nie hul eie geluk kon glo toe Kaalkop Frikkie die hele land en bestel vir hulle op 'n skinkbord aangebied het nie.

Hoewel regdenkende Afrikaners nie verbaas is oor die mislukking van die NSA nie, is dit sekerlik insiggewend dat ons linkse volksgenote nou ontnugter is. Insiggewend omdat dit 'n aanduiding is van hoe diep die gemors is waarin ons verkeer. Die dilemma waarin ons ons tans bevind, is dat al die goeie bedoelings van ons goedgelowige linkse volksgenote nie die Afrikanistiese nagmerrie gaan beëindig nie. Nee, dit hang van ons af. Ons sal self van die verdrukkers moet ontslae raak.

Ons moet ons Afrikaner-hartland, ons geestelike sentrum Pretoria, as 'n selfregerende stadstaat terugneem. Ons werk tot die volgende plaaslike verkiesing is vir ons duidelik uiteengesit. Hierin moet ons PRAAG bystaan op elke manier waarop ons kan. Wanneer ons Pretoria as 'n veilige vesting herwin het, sal ons vir eens en altyd moet afreken met die linkse propagandiste.

Intussen moet ons besef dat onder die Zuma-regering wat deur die SAKP, Cosatu en die ANC-jeugliga oorheers word, ons nou aan die Afrikanistiese Kommuniste uitgelewer is tot 'n vlak waar ons baie moontlik algehele uitwissing in die gesig staar. Die belangrikste handeling wat ons dus moet opneem, is die kwessie van ons eie millitarisering. Dit is van kardinale belang dat ons aansluit by inisiatiewe soos die Kommandokorps en die TLU se veiligheidsarm om ons te beveilig teen 'n geïtensifiseerde aanslag op die veiligheidsarena, net soveel soos op elke ander gebied.
Bewapening, opleiding en paraatheid is die belangrikste veiligheidspolis en een waarmee ons onmiddellik kan en moet begin. Volgens die jongste gegewens is die polisie en die weermag deel van die veiligheidsprobleem. Derde party veiligheidsdienste is ook nie die oplossing nie. Die veiligheid van jouself, jou gesin en jou volk mag nie en kan nie aan 'n derde party uitgekontrakteer word nie. Laasgenoemde sal elke veiligheidspesialis, wat sy sout werd is, vir jou se. Selfverdediging is die enigste manier om ons uitwissing te voorkom. Die monster wat in 1994 gebore is sal ons verslind as ons nie proaktief die nodige maatreels tref nie.

No comments:

Post a Comment