Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, October 30, 2009

Rassitiese aanval op Afrikaner meisie

As hierdie swartmans se vyf keer oor hierdie Afrikanermeise ry nie 'n rassistiese aanval is nie dan wil ek graag weet hoe die Reitz-video rassisities is.

Vlad du PLessis

Motorkapers ry vyf keer oor student

André Damons

Kapers het ’n Johannesburgse student wat verbete met ’n klein knipmessie probeer keer het dat hulle met haar motor wegkom, onder die voertuig ingedruk en minstens vyf keer oor haar gery.

Gelukkig is geen bene van me. Karien Kruger (21) van Melville in die kaping verlede week gebreek nie, maar ’n spier in haar regterbobeen is geskeur en sy moes verskeie steke in snywonde aan albei bene kry.

Kruger is ’n musiekstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand en ’n deeltydse kelnerin. Sy het Woensdag omstreeks 11:15 voor die huis van me. Lynn Kruger, haar ma, in Hurleyweg stilgehou met die motor vol musiektoerusting, waaronder tromme, simbale en ’n musiekstander. Sy het die motordeur vir haar spanjoel, Otto, oopgemaak.

Twee mans het haar toe uit die rooi Golf 1 geruk en by die bestuurderskant ingespring.

“Ek het net daar besluit dit is nie hul kar nie en al my tromme en gereedskap is in die kar,” het Kruger gister vertel.

“Ek het terug in die kar gespring en die mans met my messie begin steek. Ek dink nie ek het hulle raak gesteek nie.”

Sy dra die messie, waarmee sy haar tromme regmaak, altyd by haar.

Die mans het haar weer uit die motor gestoot en onder die voertuig ingedruk. Sy het een van hulle aan die broekspyp beetgekry en vasgehou.

Die bestuurder het agteruit en bo-oor haar gery. Die motor het weer vorentoe gerol en is weer oor Kruger. Die booswigte het minstens vyf keer só oor haar gery.

Sy het onder die motor uitgekom en in die middel van die pad gestaan toe die man reg op haar afjaag. Sy het uit die pad geduik, maar die motor weer agternagesit voordat sy in die middel van die pad ineengestort het en om hulp geroep het.

Haar ma en van die bure het uitgekom en die ambulans en polisie gebel.

Kruger sr. het gesê sy het gehoor iemand skreeu, maar eers nie besef dit is haar dogter nie.

“Toe ek eers hoor ‘Ma’, het ek geweet dit is sy.

“Sy het in die middel van die pad gelê met bloed wat by haar kop, neus, mond en bene uitkom. Ek is bly sy het niks gebreek nie.”

Die polisie het die motor ’n paar minute later in Lothburyweg, nie ver van die huis nie, gevind waar die kapers dit gelos het nadat die teen-kapingstelsel in werking getree het. Haar selfoon, beursie en paspoort was weg.

Dit het ook later geblyk twee mans wat aan dieselfde beskrywing voldoen, het ’n medekelnerin se motor ’n halfuur voor die kaping probeer steel.

Volgens Kruger sr. het haar dogter nog altyd vir haar eiendom baklei.

Twee jaar gelede het sy ’n man wat haar selfoon uit haar hand gegryp het, ingehardloop en geskop totdat hy die foon vir haar teruggegee het.

Kruger jr. kon darem gister weer grappe maak, al spook die voorval nog by haar.

“Ek hou nie meer van karre nie,” het sy gesê.

“Elke keer as ek ’n kar hoor wegtrek, dan skrik ek.”

- Beeld

No comments:

Post a Comment