Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, July 5, 2009

Die groot ontnugtering: Hoe maak jy 'n verrotte fetus groot? (Deel 1)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis
Wanneer die linkses ontnugter word oor die dilemma waarin Suid-Afrika tans onder die Afrikanisties-Marxistiese regime verkeer, dan is dit seker kwart voor twaalf.

Die liberales is per definisie die mees akkommoderende en verdraagsame segment van enige gemeenskap, of altans so is dit veronderstel om te wees. Dikwels blyk dit egter dat hul verdraagsaamheid meer gerig is aan die volksvyand, terwyl hul daarenteen hoogs onverdraagsaam is teenoor konserwatiewes in eie volksgeledere. Dit was dus te wagte dat hierdie kategorie onder akademici, politici en joernaliste juis die meeste hoop vir 'n Suid-Afrika onder swart bestuur gehad het.

Die probleem met die liberales is hulle ongelooflike naïwiteit wat manifesteer in goedgelowigheid. Ondanks al die tekens dat hulle met 'n groteske mistasting besig is, beskik hulle oor 'n oortuiging dat die vyand vertrou kan word. Hulle sal uit hul pad gaan om diegene wat hul goedgelowigheid kritiseer as verkramp, dom, agterlik en selfs boos te beswadder. Reeds voor FW de Klerk se berugte Rooi Vrydag, het linkses soos Tim du Plessis, Hermann Giliomee, Frederik Van Zyl Slabbert en vele ander die regse Afrikaner verag en gedemoniseer. Sedert De Klerk die verraderlike pad van onderhandelinge, ter wille van oorgawe, begin loop het, het die linkse Afrikaners geen steen onaangeroer gelaat om De Klerk se kritici te ondermyn nie.

Dis om hierdie rede dat Tim du Plessis se jonste rubriek in Beeld so ’n bittersoet smaak in die mond laat. Soet omdat hy by implikasie oplaas toegee dat die Nuwe Suid-Afrika (NSA) onder die ANC 'n mislukking is, maar bitter omdat dit ons volk is wat met die gevolge van hierdie katastrofale nagmerrie moet saamleef.

Du Plessis sê: "’n Paar weke gelede het prof. Koos Malan van Tukkies se regsfakulteit in ’n artikel in Business Day uiteengesit hoe die ANC-regering hom steeds by die letter van die Grondwet hou, maar lank nie meer die gees eerbiedig nie. Ek het destyds gedink hulle sou. Vandag dink ek ek was verkeerd."

Ongeag al die waarskuwings, al die vertoë en die oneindige veldtogte deur regse kritici het linkses soos Tim du Plessis nooit daarop ag geslaan nie.

Ongeag die enorme risiko's wat dit behels het om mag aan die ANC te oorhandig, het Tim en sy geesgenote ons konsekwent probeer wysmaak dat die Afrikaner geen ander keuse had as om met De Klerk se oorgaweplan akkoord te gaan nie.

Du Plessis sê ook: "Ek hou vol die Groot Skikking tussen die NP en die ANC was ’n deurbraak; die regte ding. Dit was nie net onvermydelik nie. Dit was wenslik. Die 1996-Grondwet is ’n goeie een – in letter én in die gees waarin hy ontvang en gebore is."

Geen groter leuen kan verkondig word nie. Met hierdie groteske onwaarheid probeer Tim hom en sy linkse geesgenote verontskuldig. Magsoorgawe was van die begin 'n onbetwisbare manier vir die Afrikaner om op elke moontlike terrein selfmoord te pleeg. Regoor Afrika is hierdie waarheid keer op keer aan ons gedemonstreer. Tog, Suid Afrika sou om onverklaarbare redes "anders wees"...so het die liberales gereken. Hulle het met elke denkbare halfgebakte pseudo-akademiese drogredenasie probeer aanvoer dat ons geen ander keuse het as om die mag af te staan nie.

Hierdie leuen word nie net gedemonstreer deur die enorme risiko wat daar geneem is om alle mag aan 'n vyandelike groepering oor te gee nie, maar ook deur die destydse ignorering van al die moontlike grondwetlike modelle waarbinne die Afrikaner selfbeskikking en dus selfbeskerming kon geniet.

Nee, ons moes eerder beskerming vind in die handpalm van diegene wat ons vir eeue lank reeds tot die dood verag en haat. Dit is die logika van 'n gek, en dit is waaraan FW de Klerk, Roelf Meyer en ander, met die onderskraging van Tim du Plessis en sy geesgenote, ons uitgelewer het.

Vervolg...

1 comment:

  1. julle mense onosele imbosie jule regering is n droomwereld wat nooit sal waar kom nie,hoe gouer jull terug kom na realiteit toe hoe vinniger sal ons aanbeweeg

    ReplyDelete