Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, June 12, 2009

Re: [praag] Re: Gesoek: 300 mense om Pretoria te vat

Bron: http://groups.yahoo.com/group/praag/message/45569

Praag-vriende,

Dan se briljante versoek rakende Pretoria is nie in isolasie nie. Dit is 'n idee wat landswyd voor gewerk word. As u en u vriende betrokke raak, kan Pretoria en vele ander munisipaliteite se bestuur binne die afsienbare toekoms dramaties verander. Ons mense moet net nou reeds by die OVK se munisipale kantore seker maak dat hulle geregistreer is en die gegewens korrek op die kieserslys verskyn; dan is dit uiters belangrik dat u tydens die Munisipale verkiesings ALMAL u stem sal uitbring. VF+ lede sal in aanloop tot die verkiesing geskikte kandidate aanwys en belangstellendes kan gerus aansluit by die Party en dan deur die Partystrukture u bereidheid bekend maak om as kandidaat te dien. Dit sal dan oorweeg word.

Dit is egter besonder aangenaam om te sien dat die belange van VF+ by soveel van u belangstelling wek. U moet een aspek nie uit die oog verloor nie: VF+ is 'n geordende outonome politieke party. Dit behels dat partydissipline volgens vasgestelde prosedure afgedwing word; dat partyleiding in terme van die Party se grondwet demokraties tydens reorganisasievergaderings verkies word; dat wysigings aan beleid deur die hoogste gesagliggaam van die party tydens Federale Raadsvergaderings hanteer word;

Die gegons rakende geskorsde lede dien geen doel nie. Cornelius se saak is na die Regskomitee van die Federale Raad verwys wat 'n tygverhoor sal hou (of gehou het) en dan 'n beslissing sal fel. Bepaalde appelprosedures bestaan indien dit benodig word. Wat Partylede en die algemene publiek betref, is die saak sub judice en kan bespiegelings geen doel dien nie. Kom ons wag en kyk wat gebeur.

Rakende enige lid van die Party wat 'n proporsionele posisie in enige verkose Regeringstruktuur, soos 'n munisipale raad vul, sal daardie posisie ontruim moet word indien sodanige lid se lidmaatskap van die Party beeindig word. Die volgende lid op die proporsionele lys sal dan die setel vul.

Soos ek reeds geskryf het, VF+ beskik oor 'n geordende struktuur en gevestigde prosedures, soos binne ons kultuur van sodanige oraganisasie verwag word. U kan ook gerus wees, hoewel heelwat gryskoppe in die Party bedrywig is, is daar landswyd baie jonger lede aktief wat 'n goeie balans tussen ervaring en warmbloedigheid verseker. Die beleidsrigting word ook nie net deur gryskop-omies met dikraambrille bepaal nie, maar hoofsaaklik deur konsensus in die Federale Raad waar alle provinsies en ouderdomsgroeperinge verteenwoordig is.

Indie u werklik belangstel, besoek gerus Vryheidsfront se webblad of kontak die Party se Nasionale Kantoor in Verwoedburg. Die hoofsekretaris is kol. Piet Uys en sy vonkpos is info@.... Diegene wat daarna voel, kan my ook kontak by bovermelde adres.

Johan Willemse
VF+ Limpop-kantoor

No comments:

Post a Comment