Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, June 6, 2009

‘n Kleiner Afrikaner Pretoria is die werklike toets vir Mulder

Geskryf deur JH du Toit

Praag en die VF+ se beoogde plan om die Pretoria stadsraad oor te neem verdien bespreking. Dit is voorwaar verblydend dat daar nou 'n daadwerklike poging is om vir die Afrikaner 'n streek te bekom.

Die veldtog behels dat die VF+ die stadsraad tydens die plaaslike verkiesing, wat oor twee jaar plaasvind, oorneem. Hierdie gaan gewis nie 'n maklike stryd vir die VF+ wees nie. Nie alleen moet die party die DA verslaan nie, maar boonop moet hulle meer wyke as die ANC wen. Dit is natuurlik 'n skreiende skande dat die ANC Pretoria gekaap het deur naburige swart woonbuurte, selfs oor provinsiale grense heen, daarby in te sluit.

Indien die VF+ die stadsraad sal kon oorneem, sal hulle deur middel van bestaande wetgewing en die grondwet die stad in die rigting van 'n outonome Afrikaner-gebied kan bestuur. Natuurlik is daar nog die internasionale volkerereg wat ook aangewend kan word, indien nodig.

Ek wil egter aanvoer dat, om beheer oor Pretoria te verkry, daar nie gewag moet word tot die verkiesing nie. Ons moet nou reeds voor die verkiesing 'n onafhanklike Pretoria opeis. Ten eerste moet 'n petisieveldtog gevoer word waarin die Afrikaner op die area aanspraak maak met die doel om 'n munisipaliteit in eie reg te vorm. So 'n verkleinde munisipalitiet sal dan los staan van die groter en verswarte "Tshwane". As Pieter Mulder daadwerklik Afrikaner-belange in die kabinet wil bevorder, behoort hy die verkleinde Afrikaanse munisipaliteit by sy kollega, Jacob Zuma, te beding. Of Mulder werklik iets kan doen hang sekerlik daarvan af of hy bloot deur Zuma geko-opteer is. Indien Mulder niks vir ons saak kan doen nie, moet ander kanale ondersoek word, maar terselfdertyd moet Pieter Mulder dan maar uit die politiek tree. Die VF+ kan dan maar ook ontbind.

Indien Mulder 'n verkleinde Afrikaner-munisipaliteit voor die verkiesing kan beding, kan dit redelik seker wees dat die VF+ die nuutgestigde munisipaliteit met 'n Afrikaner-stemvee sal oorneem. Kiesers sal die VF+ beloon deur vir hulle - en nie vir die DA nie - te stem. Pretoria sal dan 'n ware Afrikaner-stad wees. Daarna is dit ons plig om outonomiteit te beding.

No comments:

Post a Comment