Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, January 13, 2010

Beeld se volkstaatpeiling: ‘n geleentheid vir die VF+?

Geskryf deur Anton Barnard - PRAAG

Die Afrikaanse dagblad Beeld het ‘n peiling op sy webwerf gehou wat gevra het of sy lesers, wat byna almal Afrikaners is, ‘n volkstaat sou steun. ‘n Volslae meerderheid, 54%, het gesê ja. ‘n Verdere 19% het gesê dit hang af. Sowat sewentig persent van Beeld se lesers sou die gedagte dus moontlik steun.

Beeld het die peiling opgevolg met ‘n stuk linkse propaganda verbloem as ‘n redaksionele stuk wat kommentaar gelewer het oor die peiling, wat weer eens toon hoe uit pas Beeld met sy lesers is. Alhoewel tot soveel as 70% van sy lesers voel dat hulle nie meer lus is vir die reënboognasie nie, blaas Beeld steeds in dié rubriek die uitgediende vuvuzela van die gefaalde Azaniese staat, en verkwansel hy steeds sy multi-kulti perdevye as soetkoek. Die vuvuzela wat Beeld blaas se deuntjie is die ou-ou een: Afrikaners sal sink of swem saam met die res van Mzansi. Dis ‘n belaglike argument, soortgelyk daaraan vir ‘n passasier op die Titanic om vol te hou hy wil nie op ‘n reddingsboot klim nie, want hy wil graag saam met die skip sink. Lees verder...

No comments:

Post a Comment