Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, December 2, 2009

Blondine lugwaardinne is nie "ayoba" volgens Rapport nie

Iets wat nooit sal ophou om my te verstom nie, is hoe die hoofstroommedia blatant, sonder om te blik of te bloos, vir hul lesers kan lieg.

In ‘n rubriek in Rapport lewer Johan Maarman ‘n tirade oor twee blanke medepassasiers wat op dieselfde vlug as Maarman die hoop uitspreek dat dit ‘n aantreklike blonde lugwaardin sou wees wat hulle bedien, en nie een van Suid-Afrikaanse rederye se standaarduitgawe vyandige, oorgewig regstellende-aksie ousies sal wees nie.

Was daar nie terloops in die verlede ‘n reël dat lugwaardinne van ‘n sekere minimumlengte moes wees nie, nie bokant ‘n sekere gewig mog weeg nie, en ook aantreklik moes wees nie? Dié vereistes is klaarblyklik daarmee heen ná 1994, want die meeste waardinne op binnelandse vlugte is deesdae presies diegene waaroor die twee mans in Maarman se rubriek gekla het; gepigmenteerdes wie se enorme boude, donderdye en drillerige arms luidkeels verkondig dat daar nie ongeëte kos van ‘n dag oud ná ‘n vlug oorbly nie.

Te oordeel aan sy eie foto kan ek wel verstaan dat Maarman (let op dat dit nie Maerman is) ‘n sagte plekkie kan hê vir dik, donker trolliestoters op vliegtuie. Volgens Maarman is dit egter glad nie “ayoba” vir blankes om hul voorkeure uit te spreek nie. (Weer eens daardie ayoba-drek, terloops. Sluit gerus by Facebook se Fok Ayoba groep aan.)

Stellig sou Maarman meer tevrede gewees het as die blanke passasiers een of ander politiek-korrekte sotheid kwytgeraak het: “Ek is so dankbaar vir die voorreg dat my drankie deur ‘n agterstewe wat herinner aan my heldin Saartjie Baartman s’n omgestamp word.” Sou Maarman gelukkiger wees met ‘n skrywe soos hierdie een deur ‘n blanke “joernalis” wat die lof van donker sjokolade besing, en met groot geur en kleur vertel hoe lekker dit is om seks met Afrikane te geniet? Ek kan my net indink hoe vlot sy Rottweiler moet praat as blanke mans nie belangstel nie.

Beslis nie "ayoba" nie
Beslis nie “ayoba” in die Nuwe Suid-Afrika nie…
Die twee blankes wat bloot ‘n voorkeur uitgespreek het vir blanke waardinne, word egter deur Maarman aan Malema gelykgestel. Weer eens, ek het nie ‘n probleem daarmee dat Maarman moontlik jaloers is op die mooiste kreatuur in die heelal, ‘n aanvallige, blanke blondine nie. Stellig fantaseer hy self oor ‘n slanke, blanke vrou as hy skryf dat hy ontmagtig voel. Met groot ironie dra dieselfde uitgawe van Rapport ‘n berig oor Tiger Woods wat self ‘n blonde, blanke vrou het.
Maarman se klaarblyklike versugting na ‘n soortgelyke vrou aan sy sy, en sy gevoelens van ontmagtiging omdat vroulike Afrikane dikwels onaantreklik en oorgewig is, is egter sy eie probleem. Wat my wel grief is dat Maarman dan gaan en die standaard Nasperspropaganda besig met die volgende verregaande leuenspraak: “Dat ons moedswilliglik nie wil uitvoering gee aan die idee van nie-rassigheid nie.”

Waarvan práát Maarman? Bewoon ek en hy dieselfde land? Klaarblyklik nie. Ek woon in ‘n land waar nie-rassigheid ‘n grap, ‘n bespotting en ‘n mite is.
Waar is die nie-rassigheid in die ANC-regime se Swart Ekonomiese Bemagtiging?
Waar is die nie-rassigheid in die anti-blanke rassisme bekend as regstellende aksie, wat juis die einste twee wit, manlike passasiers op Maarman se vlug teiken?
Na welke nie-rassigheid verwys Maarman – die soort wat verhoed dat kaptein Renate Barnard nie bevordering kan kry in die SAPD nie?

Waar is die nie-rassigheid in die Black Management Forum?
Kortom, waarom beledig Maarman die intelligensie van sy lesers, deur perdevye aan ons as soetkoekies voor te hou? Waarom lieg hy soos ‘n tandetrekker? Is dit omdat hy self slegs sy pos beklee omdat hy genoeg pigmentasie het, dat hy sonder om te blik of te bloos ‘n blatante leuen vir die waarheid wil staan en verkondig? Skaam hy hom nie?

No comments:

Post a Comment