verslaggewer - PRAAG
'n Groepie Afrikaneraktiviste wat die regering en die swart meerderheid kaalvuis gepak het oor diskriminasie en geweld teen minderhede, het gister 'n warm onderonsie by die SA Menseregtekommissie se hoofkantoor in Parktown, Johannesburg veroorsaak.
21 Oktober is Afrikanmenseregtedag en die doel van gister se konferensie oor "Minderheidsregte in Suid-Afrika" was om 'n konsepverslag oor dié saak vir die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee in Genève te bekragtig
Drs. Pieter Duvenage en Dan Roodt, asook mnre. Louis Smuts en André Alkema, kon hulle nie met die konsepverslag vereenselwig nie en het die vervreemding en ontnugtering van die Afrikanervolk teenoor die huidige bestel ondubbelsinnig verwoord. Terwyl dr. Dan Roodt van PRAAG 'n onderhoud buite die gebou aan die SAUK-radio en -TV toegestaan het, het Duvenage gesê dat die staat nie meer oor enige legitimiteit beskik nie omdat hy nie meer die veiligheid van sy burgers kan waarborg nie. Duvenage het ook beweer dat die teenwoordigheid van die Afrikaner in die land nie eens deur die staat erken word nie.
Hierna het een swart spreker, Colett Letlojane, Duvenage ingevlieg en hom van ondankbaarheid jeens die swart meerderheid beskuldig wat hom vir apartheid vergewe het.
Die hoof van die SA Menseregtekommissie, adv. Tseliso Thipanyane, het aan die einde van die oggendsessie spottend na die Afrikaanse afgevaardigdes verwys deur herhaaldelik as 'n grap die frase te herhaal: "I want my Afrikaans, I want my Afrikaans", tot groot vermaak van die omstanders.
In die loop van die besprekingsessie waar Duvenage op emosionele wyse aangeval is, het dr. Dan Roodt gesê dat hy "dit gaaf vind dat Duvenage vir apartheid vergewe is. Maar as 'n mens dink dat slegs 900 mense in politieke geweld tydens apartheid dood is en 750 000 reeds sedert 1994 vermoor is, waaronder tienduisende Afrikaners, dan moet Duenhage sy toehoorders veel meer vergewe as andersom, want lede van die meerderheid is steeds besig om dié gruweldade te pleeg."
Hierna was die vet in die vuur en swart deelnemers aan die konferensie het begin om die begrip "minderheid" te bevraagteken. Volgens 'n amptenaar van die departement van justisie en staatkundige ontwikkeling is "minderheid 'n dinamiese begrip en dis nie te sê dat daar wel in SA minderhede bestaan nie".
Vele swart sprekers het beaam dat die begrip "minderheidsregte" die land "terug na apartheid" kan neem. 'n Regeringsamptenaar het gemeen dat "lede van minderheidsgroepe by die regerende party kan aansluit en sodoende aan die politiek kan deelneem", waarop dr. Roodt gevra het of dit 'n pleidooi vir 'n eenpartystaat is. Die regeringsamptenaar het egter gevoel dat minderhede onder geen omstandighede enige vorm van politieke mag of invloed behoort te hê nie.
Terwyl regerginswoordvoerders by die konferensie die bestaan van 'n Afrikanerminderheid in Suid-Afrika ontken het, is daar gevoel dat nie-heteroseksuele mense wel as 'n minderheid met spesifieke regte in die land geag moet word. Omdat die fokus vanuit ontwikkelde lande by die VN-vergaderings in Gernève op dié kwessie val, wil die ANC insgelyks gay-regte in die land gebruik om enige aansprake deur etniese minderhede soos Afrikaners te ontlont.
Nadat Roodt die herafbakening van die Pretoriase munisipaliteit deur dr. Michael Sutcliffe as 'n voorbeeld van diskriminasie en verdrukking van minderheidsgroepe genoem het, het me. Nkaro Mateta, 'n senior bestuurder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, gesê dat sy 'n lid van die afbakeningskomitee was en dat Afrikaners ondergeploeg is met die doel om hulle te "integreer". Hierteenoor het Roodt teruggekap deur "integrasie 'n eufemisme vir assimilasie" te noem. Volgens hom bestaan daar drie maniere om volksmoord te pleeg: deur etniese suiwering soos om Afrikaners deur wetgewing uit die land te verdryf, deur assimilasie en deur geweld, elemente waarvan reeds in Suid-Afrika bestaan.
Hierop het die voorsitter van die Menseregtekommissie beweer dat hy 'n Sotho is wie se voorvaderlike grond in die Vrystaat voor 1930 afgevat is en dat hy as lid van die meerderheid nie bereid is om enige toegewings aan die Afrikanerminderheid te maak nie.
Tydens die middag se verslag oor die oggend se besprekings het Pitso Montwedi, die hoofdirekteur vir menseregte en humanitêre aangeleenthede van die departement van buitelandse sake dit goedgedink om na die syfer van 900 mense wat in politieke geweld tydens apartheid gesterf het te verwys. Hy het dit as "onwaar" bestempel.
Tydens die vraesessie het dr. Dan Roodt versoek dat die ware syfer oor ongevalle in politieke geweld tydens apartheid bekendgemaak word, indien dit dan nie nie 900 is nie, 'n syfer wat in die verslag van die Waarheids- en versoeningskommissie voorkom.
Hierop het prof. Ayesha Kajee, 'n Indiërakademikus aan die universiteit van die Witwatersrand en hoof van die Internasionale Menseregteuitruilprogram uitgebars en geskree dat daar "honderde duisende swartes deur Afrikaners tydens apartheid doodgemaak is" en dat Roodt nie "tussen feit en fiksie kan onderskei nie".
"Moenie u eie propaganda glo nie," het Roodt op Kajee se bewerings van volksmoord wat deur Afrikaners gepleeg is, geantwoord.
Die konsepverslag oor minderheidsregte wat aan die konferensie voorgelê is, is grondig deur die Afrikanerafgevaardigdes gekritiseer. Dié verslag gaan op 11 November aan die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee in Genève voorgelê word. Sowel Roodt as Duvenage het voorgestel dat 'n "minderheidsverslag oor minderhede" in Genève ter tafel gelê word en het 'n beroep op alle Afrikaanse organisasies gedoen om saam te werk om so 'n verslag vir die internasionale vergadering voor te berei.
Uit die vergadering, asook die vurige debat en beskuldigings wat tussen lede van die meerderheid en die Afrikanerminderheid rondgeslinger is, het dit geblyk dat minderheidsregte in Suid-Afrika 'n plofbare kwessie is.
Tot dusver is geen van die radio- en TV-onderhoude wat dr. Dan Roodt in Afrikaans en Engels aan die SAUK toegestaan het nog uitgesaai nie.

No comments:
Post a Comment