Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, October 24, 2009

Ons benodig ons eie 'SASCO'

Daar is veral twee dinge wat ek wil opmerk oor die onderstaande artikel:

1) Kyk hoe die regime se funksionarisse (SASCO) die Reitzvoorval, wat onskuldige studente pret was, gebruik om rassespanning in die naam van 'versoening' aan te blaas.

2) Terwyl Afrikaners deur volksmoord gaan, waaarmee die Reitzfoefie geensins kan kersvas hou nie, doen ons nog bitter min wat protesoptrede betref. Waarom hou Afrikanerstudente nie ook massabyeenkomste nie? Wereldwyd is studente altyd aan die voorpunt van die vryheidstrewe. Ons het dringend 'n radikale studentebeweging van ons eie nodig. Die VF+ se jeugliga is heeltemal te mak vir hierdie doel. Ons is in 'n radikale situasie en benodig dus ons eie radikale benadering. Die VF+ is deel van die regime en establishment en dus nie die voertuig vir studente om radikale strategie te volg nie.

Studente ruk op oor Reitz-4

Earl Coetzee Bloemfontein.
– Studente het gister ’n massavergadering op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gehou teen hul nuwe rektor se besluit om interne klagte teen die Reitz-vier te laat vaar.

“Prof. Jonathan Jansen is ’n diktator en hoort in Zimbabwe,” was die boodskap op een plakkaat wat rondgeswaai is.

Halfpad deur die vergadering het die groep van sowat 400 studente na die hoofgebou opgeruk waar hulle gedans en struggle-liedjies gesing het.

Hulle het geëis om met Jansen self te praat.

Mnr. Moses Masitha, voorsitter van die UV-studenteraad, het daarop gewys die byeenkoms voor die hoofgebou is onwettig. Hy het hulle ingelig Jansen het ingestem om met hulle te praat op voorwaarde dat niemand hom in die rede val of skree nie.

Jansen het daarna op die hoofgebou se trappe aan die studente verduidelik hy het geen beheer oor die strafregtelike aanklag of die Menseregtekommissie se vervolging van die Reitz-vier nie.

“Ek het net seggenskap in wie aan dié universiteit mag studeer en wie nie. Die UV is 105 jaar oud en die probleme wat dit met isolasie en rassisme het, het nie by Reitz begin nie. Dit is ook nie uniek aan die UV nie,” het Jansen gesê.

Voorts sal dié probleme nie opgelos word deur slegs die vier studente uit te skop nie.

“Baie mense is ontevrede met my besluite, maar ek gee nie om nie. Ons studente sál leer om saam te leef. As ons ons probleme wil oplos, moet ons na meer as net die vier Reitz-manne kyk,” het hy gesê.

Jansen het studente die kans gegee om vrae te vra voordat hy die byeenkoms verdaag het.

Mnr. Thapelo Lekwene, sekretaris van Sasco op die UV-kampus, was ontevrede met baie van Jansen se antwoorde. Hy sê hulle sal volgende week aansoek doen om ’n wettige protesoptog op die kampus.

Intussen het die kabinet Jansen se besluit veroordeel.

Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, het gister in Kaapstad in die parlement gesê die proses wat tot die terugtrekking van die klagte gelei het, was gebrekkig, berig Liesl Peyper.

“Die norm is dat die oortreders skuld beken en die slagoffers om verskoning moet vra voordat ’n versoeningsproses kan plaasvind – boonop moet albei partye teenwoordig wees,” het hy gesê.

Die hantering van dié kwessie wek voorts die indruk dat die oortreders se regte bo die menswaardigheid van die slagoffers gestel is, het hy gesê.



No comments:

Post a Comment