Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, October 19, 2009

ANC misbruik Reitzsaak voortdurend

Soos uit die volgende artikel gesien word, kan die ANC maar net nie die geringste geleentheid om Afrikaners woedend te maak laat vaar nie. Dit nogal in die naam van sogenaamde "versoening"!
Natuurlik sal hulle nie nou al die einde van die Reitzsaak wil sien nie. Immers moet die ANC nog heelwat politieke munt hieruit probeer slaan.
Dis tyd dat Afrikaners die regime op elke moontlike terrein ondermyn.
Sandra Coetzee - Beeld

Prof. Jonathan Jansen se pleidooi vir die skrapping van aanklagte teen die sogenaamde Reitz-vier, kry die wind van voor.

Die aanklag teen hulle spruit uit ’n video wat verlede jaar aan die lig gekom het en waarin werknemers van die Universiteit van die Vrystaat (UV) onder meer ’n brousel moes drink waarin skynbaar geürineer is.

Dit is ’n strafregtelike aanklag en die universiteit was nie die slagoffer nie. Dít kan sake bemoeilik om die aanklag terug te trek, het ’n verteenwoordiger van die vervolgingsgesag aan die nuusagentskap AFP gesê.

Die Menseregtekommissie (MRK) het verlede week gedreig om die vier ook voor die gelykheidshof in die Bloemfonteinse hooggeregshof te daag.

Jansen se aankondiging Vrydagaand met sy inhuldiging as nuwe rektor van UV het ook teenkanting van die ANC, die ANC-jeugliga en die vakbond Nehawu gekry.

Ook dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het ’n verslag oor Jansen se besluit aangevra.

Die ANC meen Jansen se stappe sal nie tot versoening lei nie, maar kan rassistiese gevoelens verskerp, nie net in die universiteit nie, maar ook in die land.

Jansen het aan Rapport gesê hy hoop die aanklag word gou geskrap. Hy het al verskeie kere met adv. André du Toit, Vrystaatse direkteur vir openbare vervolging, daaroor gepraat.

Die Reitz-vier, mnre. Roelof Malherbe, Schalk van der Merwe, Johnny Roberts en Danie Grobler, moet op 26 Oktober weer in die hof verskyn op aanklag van crimen injuria.

1 comment:

  1. Hmmmm interesting.

    Let me see, on Monday, in a seperate crimen injuria case (State v. Johnstone); originally filed by Patricia de Lille, in Capetown, Mag. Crt # 14/1198/08; Johnstone filed a complaint with the SA Human Rights Commission (WC-2009-0455BS) Against De Lille, et al, including the Prosecutor, and the NPA-WC; for acts of political persecution, and for among others, breaching their Promotion of National Unity & Reconciliation Act 34, 1995, social contract duties & responsibilities; and in a supporting Affidavit, from Brad Blanton, Ph.D., the author of Radical Honesty (www.radicalhonesty.com); accusing the South African goverment of faking truth and reconciliation…. (PDF).

    The SAHRC Complaint was also filed as an Enclosure, to the Crimen Injuria proceedings on Tuesday; with an Application to Correct the REcord, and Withdraw all Formal Admissions; accusing the NPA-WC of Gross Irregularities, and lack of integrity.

    Then all of a sudden, on Friday, Mr. Jansen (and subsequent thereto, Mr. Tutu) have a fit of more fake reconciliation…

    Fake truth, and fake reconciliation, is the root cause of among others farm murders, and the Reitz students prank; so what do we do to fix the symptoms of fake truth and fake reconciliation; we add extra more fake, and more toxic truth and reconciliation!

    Proudly South African Truth and Reconciliaiton Hypocrisy on Steroids indeed…

    ReplyDelete