Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, August 16, 2009

Jonathan Jansen - Naspers se Idols-wenner

Geskryf deur Anton Barnard

Jonathan Jansen se arrogansie word waarskynlik slegs deur sy groeiende boepmaag oortref. Tog snaaks, terloops, hoe swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie so ‘n uitwerking op die voordeeltrekkers daarvan se liggaamsmassa-indeks het. Dink aan “Shrek” Balfour, Tito Mboweni en Jansen self.

Die fatale fout wat Jansen uiteraard maak, is om sy regstellende-aksie-aanstelling met leierseienskappe en diep filosofiese insigte aan sy kant te verwar. Nie net beskou hy homself klaarblyklik as ‘n akademikus van formaat nie, maar ook as een of ander selfaangestelde soort leier van Afrikaners, indien nie ‘n Messiasfiguur wat Afrikaans en Afrikaners moet red nie, soos ek al voorheen uitgewys het.

In Jansen se kop het hy reeds die metamofose ondergaan: van iemand wat ‘n akademiese pos en later ‘n rektorskap by twee Afrikaanse universiteite bloot op grond van sy velkleur ontvang het, tot by die volgende Paul Kruger, op wie se skouers die voortbestaan van Afrikaans kwansuis sou rus.

Daar is wel enkelinge wat Jansen se grootheidswaan ernstig opneem. Jansen se grootste groep aanhangers en juigkommando is Naspers. Met klakkelose heldeverering wat slegs geëwenaar word deur tienjarige dogtertjies se oorblufde bewondering vir Hannah Montana, hang Naspers aan Jansen se iedere woord. Jansen kan kwalik in die stort sing, of dit verskyn as ‘n rubriek in die Beeld of Die Burger.

In ‘n onlangse rubriek, juis in die Beeld, meen Jansen dat Afrikaners hulle houding moet verander. Hy beskou die stryd om oorlewing van die taal klaarblyklik as ‘n gewildheidskompetisie. Iets dus soos gemors-TV – die Idols-kompetisie, byvoorbeeld, waar dit gaan oor hoe mooi jy gegrimeer is en hoeveel die tropvee wat teksboodskappe stuur van jou hou.

Dit is geen geheim wie beide Jansen en Naspers as dié Idols-kompetisie se wenner sien nie. Ja, reg geraai, dis Jansen met sy pretensieuse ou brilletjie wat aan hom sekerlik na sy eie, onbeskeie mening ‘n sekere gravitas verleen. Jansen wat self glo Engels as huistaal besig, word deur Simon Cowell as Afrikaner-Idol gekroon, met Jan-Jan Joubert wat sy broek moet gaan omruil omdat hy ‘n orgasme van ekstase in die gehoor beleef het.

Ek hoef kwalik aan mede-Afrikaners uit te wys dat iemand soos Jansen beslis te veel tik gerook het. Hy sal nooit, in ‘n miljoen jaar, deur ons vir ‘n leier aangesien word nie. Tweedens hoef ek nie uit te wys dat ‘n oorlewingstryd kwalik ‘n gewildheidskompetisie is nie. Naspers het al vir vyftien jaar lank nie kon asemhaal soos Ton Vosloo en kie. gatgekruip het by die ANC-bewind nie, maar dit het g’n dooie duit vir Afrikaans beteken nie.

Die teendeel is waar: dit is hoog tyd dat Afrikaners baie meer militant en aggressief word in ons stryd. Ons moet die lesse van ons medelandsburgers ter harte neem. Daar is niks wat die ANC-bewind se aandag so vinnig boei soos padversperrings en ‘n klipgooiery nie. Mooi praat en ‘n valse kruipery help net mooi bôkkerôl.

Om af te sluit: alhoewel ek nie geweld voorstaan nie, sou daar min dinge wees wat my sulke diepgaande en blywende genot sou verskaf as iemand wat vir Jansen vierkantig in die gevreet tref met ‘n (groot) melktert, nes iemand ‘n aantal jare gelede vir Bill Gates getref het nie. Sou dit nie wonderlik wees as my dag nooit weer versuur sou word deur Jansen se opperste arrogansie nie?

Laat kommentaar op hierdie rubriek op Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

No comments:

Post a Comment