Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Wednesday, August 19, 2009

Die howe se dubbele standaarde teenoor blankes

SAmizdat: Geskryf deur Anton Barnard,

Indien enige iemand nog getwyfel het oor die onafhanklikheid van die regbank asook die onpartydigheid van die ANC se heksejag op blankes, die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK), hoort die geval Wybrand du Toit sodanige illusies finaal die nek in te slaan.

Wybrand du Toit is in 1996 skuldig bevind aan die moord op die sogenaamde Motherwell 4. Hy is tronkstraf opgelê en het outomaties sy senior pos by die polisie verloor. Hy is egter deur die WVK amnestie verleen vir sy daad en sy kriminele rekord is gevolglik geskrap. Amnestie beteken uiteraard dat jy kwytgeskeld is van jou politieke misdaad. Dit beteken effektief jy het nie meer ‘n kriminele rekord nie.

Die einste WVK het ook op ‘n uiters omstrede wyse ‘n gesamentlike amnestie verleen aan die terroristiese skuim wat tans die land regeer, die ANC se leierskap, sonder dat hulle indiwiduele vergrype byvoorbeeld in kampe in Angola ordentlik ondersoek is. Die WVK was uit en uit ‘n voertuig vir die ANC om sy opponente te beswadder, maar om sy eie kaders kwyt te skeld van hul misdrywe.

Daar is byvoorbeeld gerugte dat die oorlede Joe Modise ‘n monsteragtige sadis was, wat groot genot uit martelings geput het. Hy is nietemin beloon en word die eerste getransformeerde minister van verdediging, ‘n pos waarin hierdie besonder talentlose indiwidu ‘n klaaglike mislukking was. Soos met die meeste ander getransformeerde aanstellings was sy gebrek aan sukses egter nie ‘n probleem nie, want sy vel was van die korrekte skakering, en DIS immers al wat saakmaak in die getransformeerde piesangrepubliek, nie waar nie?

‘n Ander ANC-kader wat wel amnestie as indiwidu verkry het, is Aboobaker Ismael, ‘n lid van die intellektuele dryfkrag agter die ANC, die Xhosa-Indiërmag, oftewel die Xim. Ismael is die indiwidu wat verantwoordelik was vir die 1983 Kerkstraatbom, ‘n lafhartige aanval wat tot die dood van onskuldige burgerlikes gelei het. Vir sy “heldedaad” is hierdie lid van die Xim egter beloon met ‘n senior pos by die Reserwebank.

In ‘n skreiende kontras wat ‘n toonbeeld van partydigheid en dubbele standaarde verteenwoordig, het die Grondwetlike Hof egter besluit om Wybrand du Toit se aansoek om heraanstelling as ‘n polisiebeampte van die hand te wys. Weer eens: Du Toit het nie meer ‘n kriminele rekord gehad nie agv sy kwytskelding deur die WVK. Die kriminele rekord was juis die gronde vir sy ontslag uit die polisie gewees.

Is dit nie verregaande en skokkend nie? Die Grondwetlike Hof het hoogheilige ou storietjies oor waarom hulle nie aan Du Toit sy pos wou teruggee nie, maar die optrede van die ANC bewind spreek luidkeels van die teendeel. As jy ‘n lid is van die Xim, kry jy maklik ‘n senior pos, selfs in die kabinet, al het jy ‘n lafhartige terreurdaad gepleeg.

As jy daarenteen ‘n blanke is, geld ‘n heel ander stel reëls vir jou. Jy mag nie weer jou vorige betrekking terugkry nie, al het jy amnestie ontvang en is jou kriminele rekord dus geskrap.

Weer eens het ons ‘n bewys van a) die politieke partydigheid van die getransformeerde howe in Mzansi, asook b) ‘n bevestiging van blankes se status as tweedeklasburgers. Watter hoop het ‘n blanke op ‘n regverdige verhoor, veral as daar gerugte is dat die afstootlike Afro-rassis John Hlope binnekort hoofregter kan word?

No comments:

Post a Comment