Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Friday, July 24, 2009

Die groeiende moontlikheid van revolusie (Deel 1)

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis,

Hoewel ek ’n rukkie terug my ten doel gestel het om ’n rubriek onder die opskrif “Die Malthusiaanse krisis en misdaad as instrumente vir rewolusie” te skryf, het ek intussen besluit om dit met hierdie een te vervang. In sy rubriek "Is huidige onluste die voorspel tot revolusie?" op PRAAG se webblad, het Dan Roodt die geldige punt gemaak dat die huidige vlaag van stedelike onrus en geweld onder die swart bevolking toenemend begin lyk asof dit die kiem vir revolusie mag inhou.

Roodt wys op die teorie van die 19de- eeuse Franse denker, Alexis de Tocqueville, dat stygende verwagtinge tot revolusie aanleiding gee. Gebaseer op die model wat ek later hierby aanheg, wil ek die stygende risiko van ‘n bloedige revolusie onder die volgende drie subhofies bespreek:

Stygende verwagtinge (Deel2)
Krimpende hulpbronne (Deel 3)
Disintegrasie van wetstoepassing (Deel 4)

Dan Roodt het die aspek, Stygende Verwagtinge, so manjifiek in sy rubriek op PRAAG verduidelik , dat ek lesers graag daarna sal verwys. Tog sal ek ook die konsep “Stygende verwagtinge” kortliks in die volgende aflewering bespreek. Ek glo dat beide hierdie drie hooffaktore, wat ek wil bespreek, sowel as die huidige verskynsel van sporadiese geweld, daarop dui dat Suid Afrika nie ‘n vreedsame revolusie, soos die onderhandelde rewolusie van Kemtonpark, in die gesig staar nie.

Dit is ook nie noodwendig die goed georkestreerde Sosialistiese revolusie wat die SAKP in gedagte het nie, maar wel ’n gedeeltelik spontane en totaal chaotiese geweldsrevolusie waarop ons mag afstuur. Vir die doel van hierdie gesprek, en om die dinamika wat hier ter sprake is grafies voor te stel, het ek 'n model saamgestel wat in die laaste aflewering vertoon sal word.

Vervolg met Deel 2 (Stygende verwagtinge)...

1 comment:

  1. Ek is nie heeltemal seker wat om van die artikel te maak nie! Is hierdie 'n nuwe ontwaking of bloot 'n herhaling van vorige waarskuwings? Is die artikel bedoel om akedemies van aard te wees of is dit slegs propoganda?

    Dan Roodt is in slegs een aspek korrek - die woord revolusie.

    Beide van julle is verkeerd om te wil beweer daar is stygende verwagtinge onder die massas. Die massas is deeglik in gelig van wat moet gebeur. Hierdie was en is 'n fyn uitgewerkte plan.

    Strukture kom nou in plek en toets lopies word uitgevoer.

    Eers was daar die individuele aanvalle om reaksie te toets, toe vreemdeling aanvalle om wereld reaksie te toets. Nou is daar massa stormlope om reaksie te toets. Die wereld en die wittes reager glad nie. Hier en daar word geboe en baa, maar geen daadwerklike weerstand nie.

    Die toetale aanslag is voor die deur.

    Besoek die ANC se webwerf en lees alle postings daar met 'n analitiese oog.

    Vuurwapens is in store regoor die land en dit buite weermag strukture. Waarom?

    ReplyDelete