Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, June 28, 2009

Beskawingsbotsing: Waarom die PVV die Afrikaner se saak behoort op te neem


Afrikaner perspektief: Geskryf deur JH du Toit

Mens kan vir seker sê dat die Westerse wêreld bykans globaal onder druk verkeer. Nie alleen word die Weste geleidelik oorspoel deur immigrante vanuit die derde wêreld nie, maar boonop is westerlinge se natuurlike aanwas heeltemal te laag. Dit is juis hierdie verhouding, met betrekking tot Moslem en ander derdewêreldse immigrante, wat meebring dat daar in lande soos die Nederlande 'n sterk politieke swaai na regs aan die plaasvind is.

Die onlangse prestasie van die Party vir die Vryheid (PVV), van die regse politikus, Geert Wilders, tydens die Europese parlementsverkiesing, is die resultaat van hierdie beweging regswaarts. Natuurlik speel groeiende Euro-skeptisisme onder Nederlandse kiesers 'n belangrike rol in die PVV se goeie vertoning by die stembus. Die PVV het oornag vanaf 'n miniskule party tot die tweede grootste in Nederland gegroei. Wie sou ooit kon dink dat 'n regse politieke party 'n potensieel toekomstige regering in die Nederlande, van alle plekke, sou kon word? In die 2006-algemene verkiesing het die PVV slegs 6% steun gekry. In die 2009 Europese verkiesing het die party 17% steun getrek en daardeur die tweede grooste politieke party in Nederland geword. Die grootste party, die Christen Democratiese Appèl (CDA), het 20% gekry.

Die PVV sou dus werklik 'n volgende Nederlandse verkiesing kon wen. Geert Wilders kan dus wel nog Eerste Minister van Nederland word. Vir Afrikaners moet dit ondenkbaar wees dat die eens linkse Nederland in der mate tot sy sinne kon kom. In die tagtigerjare het hierdie belangrike stamland aktief die Afrikaner se ondergang aangehelp deur die kommunisites-afrikanistiese terreurgroep, die ANC, aktief te ondersteun. Hoewel apartheid nie 'n volhoubare politieke sisteem was nie, is die moordryk wat dit vervang het sekerlik die ergste nagmerrie wat kon gebeur. Die sogenaamde demokratiese Suid-Afrika bevestig waarom Afrikaners destyds nie die mag wou afstaan nie.

In stede van 'n totale magsoorgawe moes Afrikaner-leiers vir 'n aparte Afrikaner-staat onderhandel het. Die redes waarom dit nie gebeur het nie is kompleks, maar hou hoofsaaklik met FW de Klerk se verraad verband. Nogtans, hoewel die Afrikaner lank gelede die meerderheid in Suid Afrika se voorganger-state was is ons nou net 'n skamele 5%. Ons is oorspoel deur volksvreemdes wat ons uitdelg op elke terrein. Boonop is Afrikane se beskawingsvlak en kultuur totaal vreemd aan die leefwyse van die Westerse Afrikaner. Ons Europese uniekheid word deur die Afrika-hordes as 'n konstante bedreiging gesien en gevolglik word ons stelselmatig uit die weg geruim.

Indien Europa nie sy huis in orde kry teen onbeheersde immigrasie nie, sal konstante instroming en die hoë bevolkingsgroeikoers ons stamlande uiteindelik ook vernietig. Addisioneel is die Moslem-immigrante gewoonlik godsdienstige fundamentaliste en dus meer dikwels ook ontvanklik vir radikale Islamitiese politieke ideologie. Die Moslem-kultuur se wesenlike aggressiewe aard sal meebring dat hulle gedurig daarna sal streef om hul eie invloed en getalle ten koste van ons Nederlandse en Vlaamse broers en susters uit te brei.

Dit is hier waar die Afrikaner vir die PVV van strategiese belang is. Indien die PVV belangstelling in die Afrikaner se lotgevalle toon, mag dit nie net die Afrikaner se toekoms verander nie, maar dit mag ook die verloop van politiek in die Lae Lande bepalend beïnvloed. Sou die bloedige lot van die Afrikaner deel van die Nederlandse bewussyn raak, sou ons stamgenote nie net 'n blik kry op wat dit beteken om deur 'n antagonistiese kultuur oorheers te word nie. Nee, die gewig van ons krisis sal baie dieper in die Hollandse gemoed sink. Wanneer die werklike bedreiging, van die derde wêreld, wat aan hul deur klop, tot hul deurdring, sal Nederlanders in baie groter getalle besef dat Geert Wilders se PVV die enigste anwtoord op hierdie gevaar is.

No comments:

Post a Comment