Bron: http://groups.yahoo.com/group/praag/message/45592
Vriende,
Ek sal graag reageer op vriend J.H. du Toit se Vonkpos, hoewel ek van mening is hierdie gesprek raak nou meer partypolitiies as taalgerig; die moderator moet maar beslis of ons die gesprek moet begin kortknip of dalk na privaat vonkposse oorskakel. Solank dit nog van belang vir die Praag-lede is, sal ek met graagte reageer en waar nodig kundiges kry om die antwoorde te verskaf.
Die aspek van Selfbeskikking is volgens Vryheidsfront Plus 'n beleid wat op twee bene staan;
aanvanklik word daar gekonsentreer op gemeenskapsregte, dus taal onderwys, beskawingsnorme, gesondheid ens. Hierdie regte van die Afrikaner (waaronder ook sekere gedeelde regte van die Afrikaans--sprekendes of Afrikaanses) word deurlopend voor beding. Daar is ook sekere strategiese skuiwe wat in werking is en beplan word, om beter bedingingsmagte te bewerk, asook sekere regte te begin verskans;
die tweede been is een van territoriale selfbeskikking. Hierdie saak is baie meer kompleks, maar beslis nie op die langebaan geskuif nie. Daar word indringend druk uitgeoefen om hierdie aspek meer prominent na te streef. Reeds is bepaalde Groepunte deur die land geidentifiseer, waaronder Kleinfontein en Orania. Hierdie is beslis nie Volkstate in die kleine nie, maar, beslis in die geval van Orania, veel eerder proefstasies om te bepaal of ons Volksgenote selfwerksaam genoeg is om sonder vreemde arbeid 'n bepaalde gebied doeltreffend kan bewerk. Daar is ook reeds op internasionale vlak vir die Afrikaner 'n spreekbuis geskep toe VF+ die Afrikaner as 'n Onverteenwoordigde Volk geregistreer het. Ons het nou reeds deur daardie weg inspraak tot in die hoogste internasionale forums. Die ideaal van 'n eie grondgebied is nog op die boeke, maar waar is ons Volkie die meerderheid in 'n bepaalde grondgebied binne die R.S.A.? Ons wil dinge opeis, maar wie is bereid om daarvoor op te offer. Ons mense wil nie na enige gebied buiten hul huidige eiendom (plase) trek nie, dus is die eerste been wat vermeld is, nog die mees praktiese om nou aan aandag te gee.
Oor die Skorsing van Cornelius kan ons nie beding nie. Daar kan oor aspekte wat hy in aanloop tot die skorsing geopper het, gedebatteer word; dit is dalk nodig.
Oor die aksie van sy skorsing sal ons gesprek voer sodra die prosedures afgehandel is. Dalk word die skorsing gehandhaaf of dalk word die skorsing opgehef. Kom ons kyk wat gebeur voor ons ons beste Pep-onderbroekies benat. U beweer die proses is ondemokraties en dat VF+ ondersteuners die versoek moet verontagsaam. My vriend, waar ons 'n billike regsuitspraak rakende 'n bepaalde saak verlang; gaan u die Regter in die media aanvat en voorskryf wat hy in sy uitspraak moet beslis en wat oorweging moet kry? In ons beskaafde struktuur en beskawingskultuur word die regspraak gelos vir diegene wat daartoe geskool is en binne bepaalde parameters optree. Kom ons volstaan in hierdie geval ook daarby?
Ek kan u verseker VF+ is nie 'n Party waar sekeres aan die res voorskryf wat om te dink nie. Ons is 'n Party van Afrikaners, en glo my vry, die Afrikanervolkie is 'n Volk van hardekoppe. Hulle laat hulle nie voorse nie. In die Federale Raad is dit dan ook die gebruik dat sake deeglik dertrap en bespreek word alvorens 'n besluit geneem word. In die meeste gevalle is dit 'n Konsensus besluit, maar waar verskille na gesprekvoering nog bestaan, word 'n demokratiese verkiesing gehou en die demokrasie heers.
U kan ook gerus wees dat die Federale Raad nie deur Beroepspolitici oorheers word nie. Elke Provinsie beskik oor 'n gelyke getal verkose verteenwoordigers, wat elke twee jaar demokraties deur die betrokke Provinsiale Partyraad verkies word. Ek kan u verseker dat nuwe bloed gereeld inkom wat drukgroepvorming in sy kanon in jaag. Ook is dit insiggewend dat die ouderdom van lede in die Federale Raad nie vashaak in die oor vyftig nie, maar toenemend lede in hul dertigs en veertigs insluit.
In jou skrywe lug jy 'n verdere bekommernis oor die wyse van stemmery tydens dr Mulder se benoeming tot adjunkminister. Die Federale Raad kon uiteraard nie byeen geroep word binne een nag nie, en die Uitvoerende Dagbestuur het toe in twee telefoonkonferensies die benoeming bespreek. Geeneen van hierdie manne laat hulle ompraat of intimideeer nie, daardie versekering kan ek jou gee. Dit het heeltemal genoeg kere gebeur dat elkeen van hulle sterk standpunt inneem oor 'n saak waar die ander nie noodwendig mee saamstem nie, en logika of stemming het dan die deurslag gegee, intimidasie nog noooit sover ek kon waarneem nie, en ek is sedert 1994 deel van die betrokke forum. Diegene wat jou van die teendeel wil oortuig, is skynheilige swartsmeerders.
Daar is genoeg vrydenkende asook geskoolde politici, akademici en Boereafrikaners verteenwoordig in die Federale Raad dat 'n kliek nie die vergadering sal kan kaap nie. Wees dus gerus. Ek reken Dan sal na sy bywoning van die afgelope Federale Raad kan getuig dat daar groot eensgesindheid is, maar verseker ook verskil van opinie. Daar word relatief min gestem in die Federale Raad, en meestal is dit dan met handopsteek. Waar iemand beswaar aanteken, sal daar met stembriefies gestem word. Hierdie is normaalweg die prosedure waar persone en posisies in gedrang kom. Die meeste gevalle word egter deeglik bespreek en 'n konsensusbesluit word dan geneem.
Soos ek voorheen gemeld het, VF+ is 'n Volkstaat-party. Dit is die hoofprys waartoe ons werk. Indien u enige kortpaadjies identifiseer, stel ons asseblief in kennis, ons kan alle kundigheid gebruik aangesien so veel van ons Volksgenote skynbaar nog lam in die knie is en nie veel omgee of die Liberaliste, die Kommuniste of dieAntichris ons land regeer nie. Sodra hulle wakkerskrik, en ek vertrou u sal help om van hulle wakker te skud, kan ons die voertuig op pad na terretoriale selfbeskikking in 'n hoer rat oorplaas. Terloops, stadstate is van die modelle wat deur VF+ bespreek en oorweeg word.
U skryf heelwat oor die vaagheid wat ons uitstraal oor selfbeskikking. In 'n land waar die owerheid grootliks uit oud-terroriste bestaan mag dit dalk onwys wees om luidkeels aanspraak op 'n eie land te maak. Neem die Boeremag as voorbeeld en dink mooi. Ons werk binne die wet en werf buitelandse druk sover moontlik om die groepsregte waarop ons aanspraak maak, te verkry. Daarna kan ons voortgaan en meer regte opeis tot ons die koek kry en weer 'n eie Vaderland onder ons eie vlag en kultuureie regering kan verkry. Ek reken u moet aanvaar dat hierdie situasie hom leen tot die proses van "Haas jou langsaam".
U vra oor geografiese gebiede. Die destydse Volkstaatraad het sodanige gebiede en vereistes vir so gebied bepaal. Besetting van 'n geografiese gebied kan net gebeur waar die Afrikaner in die meerderheid is. Ons mense sal self moet vestig waar hulle wil wees, en dan volksvreemde arbeid sover moontlik uitskakel. Luiaards sal nie in so Volkstaat oorleef nie, Dit is hoekom Orania as Proefstasie gevestig is; in daardie aspek slaag hy 100% in sy doel.
In enige munisipaliteit waar ons inspraak het, word beding vir regte van ons mense. Indien u bereid is om te WERK vir u Volk, kontak u plaaslike strukture en verklaar u bereid om te staan in die Munisipale verkiesings. Ons kan goeie dinamiese mense, wat die droom van selfbeskikking nastreef, beslis gebruik. U sal egter nie mag moedverloor as sake nie vorder soos u graag sal sien nie; dit is 'n stryd wat bladsy vir bladsy geveg word, en al wen ons meeste, is daar wel die waar ons die onderspit delf. Dan word die strategie aangepas en die stryd heel dikwels van vooraf voortgesit. U skryf self dat sonder 'n eie gebied ons nooit vry sal wees nie. Ons kan egter werk om die regte op pad na daardie vryheid deurlopend fraksie vir fraksie vermeerder. Die einddoel bly steeds dit waarna ek en u streef. Soos ek gese het, indien u beter en vinniger maniere identifiseer, wat haalbaar is, kom gerus en lig ons in.
Wat dr Mulder se posisie as adjunkminister behels: daar is reeds winste vir die Party en die Afrikaner in die algemeen. Een besondere pluspunt is die positiewe gees wat dit in die Landbougemeenskap skep waar ons boere nou iemand het wat hulle mee kan vereenselwig om hulle spreekbuis in die hoogste forum van ons land se regering te wees. Die skielike goedgesindheid wat van ons Raadslede ondervind in munisipaliteiete het ook tot frustrasie van DA Raadslede net na die bekendmaking van die Kabinet 'n aanvang geneem. Ons mense kla nie, waar die pad gelyker is, kan hulle vinniger stap.
Ek vertrou ek het van u uitvoerige vrae beantwoord.
Johan Willemse
Showing posts with label Johan Willemse. Show all posts

Sunday, June 14, 2009
Friday, June 12, 2009
Ope brief aan Johan Willemse (VF+, Limpopo)
Geagte mnr. Willemse,
Wat doen die Vryheidsfront+ werklik vir Afrikanerselfbeskikking?
As Vryheidsfront-ondersteuner vind ek aspekte van u skrywe, sowel as enkele ander sake binne die VF+, kommerwekkend.
Ten eerste wil ek noem dat ek beslis lynreg met u verskil oor u versoek dat die gesprek rondom Cornelius Janse van Rensburg se (moontlike) skorsing geen doel dien nie. U sê: "Die gegons rakende geskorsde lede dien geen doel nie." Ek is jammer om dit te sê, maar die outokratiese onderrok hang uit. Wil u werklik aan ondersteuners voorskryf waaroor openbare debat gevoer moet word?
Die gesprek oor Cornelius dien 'n baie belangrike doel. Dit skep ruimte om dit waarvoor Cornelius staan, te betrag. Dit gee ook vir die Vryheidsfront+ die kans om te sien hoe sy kiesers oor die aangeleentheid en die hantering daarvan voel.Tensy die party natuurlik nie wil hê dat sy kiesers hul mening moet lug nie...
Ek wil mede VF+-ondersteuners ten sterkste aanraai om u versoek te verontagsaam en voort te gaan met hierdie gesprek. Dit is nie goeie demokratiese praktyk vir die VF+ om kritiese openbare debat oor enige aspek van die party se beleid of sake onder ondersteuners te probeer ontmoedig nie.
Ek dink nie ons wil teruggaan na 'n bedeling waar die party vir die ondersteuners voorsê hoe om te dink nie. Dit is juis hierdie soort onkritiese kultuur wat aanleiding tot die NP se totale oorgawe gegee het. Indien die breë Afrikaner-bevolking meer krities en uitgesproke was, sou ons vandag na alle waarskynlikheid nie ANC-onderdane gewees het nie. Die NP het egter aan sy kiesers voorgeskryf hoe om te dink. Ons verlang anders van die VF+.
Die Afrikaner sal nie bevry word deur 'n party van beroepspolitici slaafs na te volg nie. Politici moet onder gedurige bespreking wees en hulself aan die kiesers bewys, nie andersom nie. Deur die partystrukture op hul tone te hou, kan kiesers sorg dat die party wel hul belange dien en nie doodgewoon hul eie belang bevorder nie.
Verder bekommer die gerugte rondom die wyse waarop die Federale Raad dr. Mulder se toetrede tot die Zuma-regering goedgekeur het, my erg. Is dit waar dat stemming deur middel van 'n handopstekery en nie deur middel van geslote stembriewe plaasgevind het nie? Indien hierdie skandaligheid waar is, kan daar met sekerheid gese word dat ie Federale Raad nie 'n demokratiese instelling is nie.
U is seker deeglik bewus daarvan dat 'n stemming deur handopstekery enige verkose liggaam tot 'n rubberstempel van die uitvoerende leierskap reduseer. Dit is 'n algemeen aanvaarde feit dat lede wat verskil met die leierskap tydens hierdie praktyk geïntimideer word om by die partylyn te hou. Daar is dus geen demokrasie by so 'n stemming nie. Om die minste te sê, is dit 'n siniese minagting van die kiesers wat afgevaardigdes verkies het en voldoen dit nie aan billikheidsvereistes nie.
Voorts sê u: "Die beleidsrigting word ook nie net deur gryskop-omies met dikraambrille bepaal nie, maar hoofsaaklik deur konsensus in die Federale Raad waar alle provinsies en ouderdomsgroeperinge verteenwoordig is." U kan sekerlik sien dat gegewe die gerugte rondom hoe daar in die VF+ gestem word, dit nou eerder klink na "konsensus'" deur middel van intimidasie. U kan verder waarskynlik daarmee saamstem dat indien dit die geval is, dit daadwerklik suspisie wek dat die party deur 'n klein uitvoerende kliek van beroepspolitici vir eie gewin gemanipuleer word.
Ek wil dus onomwonde aan u vra om op rekord te gaan en vir eens en altyd duidelik te stel of die besluit rondom die aksie teen die onlangse rebelle in die party wel deur middel van handopstekery geneem is? Ook sal ek wil weet of enige ander besluite deur die Fedrale Raad ooit op hierdie manier geneem word?
Verder wil ek die saak rondom Afrikaner politieke selfbeskikking met u aanraak. Vir Jan Publiek, soos ek, lyk dit asof die VF+ nie veel meer omgee vir hierdie ideaal nie. Hoewel u in bogaande brief onderstreep dat daar wel so 'n projek bestaan, sou ek en seker vele ander nie daarvan geweet het indien dr Roodt dit nie op die voorgrond gebring het nie. Dit wil vir my eerder voorkom asof PRAAG se inisiatief, om vir 'n outonome Afrikaner Pretoria te veg, lewe in hierdie ideaal geblaas het. Dit lyk veel meer asof die VF+ probeer munt slaan uit die PRAAG se inisiatief as andersom.
Selfs op u webwerf kom outonomie maar heel onder aan die lys van u beleidspunte voor. Dit skep weereens die vermoede dat u party ongemaklik staan teenoor hierdie beginsel.
Ek is seker dat u met my sal saamsten dat geen beginsel so belangrik is soos Afrikaner politieke selfbeskikking nie. Sonder dit het Afrikaners doodgewoon 'n baie onseker toekoms in Suider Afrika. Die enigste manier hoe ons Afrikaner-regte kan verseker, is indien ons nie deur vreemdelinge regeer word nie. Tog bly u party vaag rondom u modus operandi omtrent selfbeskikking. U praat wel van deelneem aan plaaslike verkiesings, maar hoe moet ons glo dat die VF+ die beheer kan oorneem waar die ANC bykans oral 'n demografiese meerderheid het?
Watter geografiese areas is geoormerk? Hoe gaan u die ANC neutraliseer? Indien u nie 'n enkele stadsraad kan oorneem nie hoe gaan u aan u ondersteuners, wat ten gunste is van selfbeskikking, 'n alternatief bied?
Word die strewe na 'n volkstaat nou uitgestel totdat daar meer beroepspolitici in gesallieerde derdevlak regeringsposisies is? Tans is die VF+ nie net in die parlement nie, maar dit dien ook in die regering. Moet hierdie forums nie reeds aangewend word om selfbeskikking te bevorder nie? Hoe dikwels gebruik die VF+ die woorde "Afrikaner-selfbeskikking" in die parlement? Op u webwerf is die ideaal nou verwater tot "gebiedsoutonomie vir gemeenskappe wat dit opeis..." Meeste Afrikaners woon in gemeenskappe (ek vermoed u bedoel munisipaliteite) wat demografies en polities deur die ANC oorheers word. Hoe gaan 'n stem vir die VF+ 'n Afrikaner-volkstaat 'n groter werklikheid vir hierdie mense maak?
Kan u sien hoe hierdie beginsel u party geheel en al verlos van werklike druk om die Afrikaner van 'n eie territorium te voorsien? Indien die strewe na Afrikaner- outonomie na 'gemeenskappe' (en ek is onseker presies wat dit beteken, want weereens is die VF+ ook vaag hieromtrent) gedelegeer word, haal dit nie net die druk van die party af nie, maar sal Afrikaners se minderheidstatus dit bykans oral onbereikbaar maak. Sonder 'n eie gebied, mnr Willemse, sal ons nooit vry wees nie.
Die volkstaat ideaal moet tog sekerlik nie afhang van plaaslike gemeenskappe nie. Indien dit wel die ideale oplossing vir die Afrikaner is moet dit tog sekerlik op alle vlakke deur die party nagestreef word. Bowendien beplan die ANC wetgewing waarmee dit op derdevlak sal kan inmeng. Dan is "outonome gemeensappe" tog doodgebore. Outonomie sal dus ook nie voldoende wees nie. Die strewe sal na volle onafhanklikheid moet wees. Mens begin nie 'n bedinginsprosess deur vir die minste te vra nie. Mens eis die maksimum.
Die volkstaat moet bereik word vir alle Afrikaners wat daarheen wil verhuis en nie onderhewig wees aan plaaslike gemeenskappe wat 'n VF meederheid by die stembus kan lewer nie. Daar is tog verskeie ander maniere waardeur hierdie ideaal nagestreef kan word. Dit sal behels dat die partyleierskap die bereidwilligheid sal moet toon om uself tot ander middele as u kiesers te wend. U sal self ook die saak moet bevorder deur bemiddeling met die regering, die howe en indien nodig selfs die internasionale gemeenskap.
Verder wil ek aan u vra rakende dr Mulder se deelname aan die Zuma-regering: Watter voordele voorsien die VF+ gaan dit vir Afrikaners inhou? Hoe gaan dit selfbeskikking dienstig wees? Wat is die sperdatum vir u eerste wins? Moet ons maar net onbeperk wag en sien of iets ooit gebeur? Wat presies is die aard van die ooreenkoms met die ANC?
Die Vryheidsfront+ is tot hede nog net 'n ''vryheidsfront'' in naam en moet nog bewys dat dit werklik die Afrikaner van sy huidige lot kan bevry. Lewendige en kritiese debat onder Afrikaners moet sorg dat die Vryheidsfront+ op koers bly.
Ek sien uit na u terugvoer.
U lojale (en daarom kritiese) ondersteuner,
JH du Toit

Re: [praag] Re: Gesoek: 300 mense om Pretoria te vat
Bron: http://groups.yahoo.com/group/praag/message/45569
Praag-vriende,
Dan se briljante versoek rakende Pretoria is nie in isolasie nie. Dit is 'n idee wat landswyd voor gewerk word. As u en u vriende betrokke raak, kan Pretoria en vele ander munisipaliteite se bestuur binne die afsienbare toekoms dramaties verander. Ons mense moet net nou reeds by die OVK se munisipale kantore seker maak dat hulle geregistreer is en die gegewens korrek op die kieserslys verskyn; dan is dit uiters belangrik dat u tydens die Munisipale verkiesings ALMAL u stem sal uitbring. VF+ lede sal in aanloop tot die verkiesing geskikte kandidate aanwys en belangstellendes kan gerus aansluit by die Party en dan deur die Partystrukture u bereidheid bekend maak om as kandidaat te dien. Dit sal dan oorweeg word.
Dit is egter besonder aangenaam om te sien dat die belange van VF+ by soveel van u belangstelling wek. U moet een aspek nie uit die oog verloor nie: VF+ is 'n geordende outonome politieke party. Dit behels dat partydissipline volgens vasgestelde prosedure afgedwing word; dat partyleiding in terme van die Party se grondwet demokraties tydens reorganisasievergaderings verkies word; dat wysigings aan beleid deur die hoogste gesagliggaam van die party tydens Federale Raadsvergaderings hanteer word;
Die gegons rakende geskorsde lede dien geen doel nie. Cornelius se saak is na die Regskomitee van die Federale Raad verwys wat 'n tygverhoor sal hou (of gehou het) en dan 'n beslissing sal fel. Bepaalde appelprosedures bestaan indien dit benodig word. Wat Partylede en die algemene publiek betref, is die saak sub judice en kan bespiegelings geen doel dien nie. Kom ons wag en kyk wat gebeur.
Rakende enige lid van die Party wat 'n proporsionele posisie in enige verkose Regeringstruktuur, soos 'n munisipale raad vul, sal daardie posisie ontruim moet word indien sodanige lid se lidmaatskap van die Party beeindig word. Die volgende lid op die proporsionele lys sal dan die setel vul.
Soos ek reeds geskryf het, VF+ beskik oor 'n geordende struktuur en gevestigde prosedures, soos binne ons kultuur van sodanige oraganisasie verwag word. U kan ook gerus wees, hoewel heelwat gryskoppe in die Party bedrywig is, is daar landswyd baie jonger lede aktief wat 'n goeie balans tussen ervaring en warmbloedigheid verseker. Die beleidsrigting word ook nie net deur gryskop-omies met dikraambrille bepaal nie, maar hoofsaaklik deur konsensus in die Federale Raad waar alle provinsies en ouderdomsgroeperinge verteenwoordig is.
Indie u werklik belangstel, besoek gerus Vryheidsfront se webblad of kontak die Party se Nasionale Kantoor in Verwoedburg. Die hoofsekretaris is kol. Piet Uys en sy vonkpos is info@.... Diegene wat daarna voel, kan my ook kontak by bovermelde adres.
Johan Willemse
VF+ Limpop-kantoor

Subscribe to:
Posts (Atom)