Geskryf deur JH du Toit
Onlangs het ’n kommentator, op PRAAG, verduidelik dat weens die verbod op Marxisme tydens die NP regering, Afrikaners nie ’n deeglike begrip omtrent die Marxistiese aanslag in Suid Afrika het nie. Om hierdie rede en om meer lig op die huidige gesprek in die SAKP te lig moet ons ’n beter begrip van die terme Nasionale Demokratiese Rewolusie, Sosialistiese Rewolusie en gevolglik Twee Stadium Rewolusie ontwikkel.
Tans word daar heelwat retoriek rondom die sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie gehoor. Met die vergrote toetrede van die SAKP tot die ANC-regering is dit te verstane dat Marxistiese retoriek meer prominent in Suid-Afrikaanse politiek sal word. Die SAKP is in ‘n groot mate vir die ANC wat die Broederbond vir die ou Nasionale Party was. Die SAKP is die ideologiese sentrum van die ANC. Dit is as te ware 'n soort 'think tank' waar konstant strategie rondom die implementering van sosialisme in Suid-Afrika ontwikkel word.
Die huidige retoriek rondom die Nasionale Demokratiese Rewolusie is egter misleidend en moontlik is dit ook so beplan. Die waarheid is dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie in 'n groter revolusionêre raamwerk pas, naamlik die Twee Stadium Revolusie (Twee Stadium Rewolusie). Die Twee Stadium Rewolusie, wat bestaan uit die Nasionale Demokratiese Rewolusie as die eerste fase en die Sosialistiese Revolusie as 'n tweede fase, het sy oorsprong in Leninisme. Die Twee Stadium Rewolusie is egter die amptelike dogma van die SAKP reeds lank voor 1994. Tydens die sogenaamde struggle jare was dit die SAKP se vooruitsig dat Suid-Afrika uiteindelik deur 'n Twee Stadium Rewolusie sal gaan. Sedert 1994 word die Nasionale Demokratiese Rewolusie baie bespreek, maar die Sosialistiese Rewolusie het minder ter sprake gekom. Die redes daarvoor kan deels wees omdat die Nasionale Demokratiese Rewolusie die hoofdoelwit van die afgelope 15 jaar was, maar deels ook omdat die kommunistiese ideoloë nie die kapitaliste binne en buite die ANC wou ontstel en daardeur moontlike weerstand teen die toekomstige Sosialistiese Rewolusie vroegtydig ontlok nie.
Laat ek egter die logika van die Nasionale Demokratiese Rewolusie ten eerste verduidelik. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie behels meeste veranderinge wat reeds sedert die vrylating van Nelson Mandela, maar veral na 1994, plaasgevind het. Dit is ook inderdaad grotendeels 'n nasionale demokratiese revolusie. Dit is met ander woorde ’n revolusie waardeur demokrasie verkry word. Verder is dit 'n inklusiewe demokrasie, wat almal wat voorheen uitgesluit is, nou insluit. Dit is ook 'n oorgangsperiode na die Sosialistiese Revolusie, maar dit is nie sosialisme op sig self nie.
Die grootste doelwit van die Nasionale Demokratiese Rewolusie is dat die bevrydingsbeweging politieke beheer oor die land verkry. In hierdie periode brei die bevrydingsbeweging sy invloed oor die ganse samelewing uit. Behalwe dat heelwat nuwe strukture gevestig word, word bestaande strukture ook onder die beheer van die party gebring. Nogtans is die hoofdoel nie om totale beheer oor die samelewing te verkry nie. Dit gaan eerder daaroor om die vorige (blanke) elite se houvas op die land en die ekonomie af te breek. Ons het gesien hoe dit oor die afgelope 15 jaar heel suksesvol uitgevoer is - veral deur middel van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Dit is wat die 'Transformasie' ideologie behels.
Lees more Deel 2, van hierdie drie luik, oor die Twee Stadium Rewolusie
Thursday, June 18, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment