Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Saturday, June 27, 2009

Eskom tariefverhoging is skandalig

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Henk van de Graaf
Donderdag, 25 Junie 2009 14:04



Die tariefverhoging van 31,3% wat Nersa aan Eskom toegestaan het, is slegte nuus vir die land, en in besonder slegte nuus vir boere wat reeds in ’n koste knyptang vasgevang sit.TLU SA se president, mnr. Ben Marais, sĂȘ hierdie buitensporige verhoging in elektrisiteitstariewe is skandalig omdat dit ver bo die inflasiekoers is, en verder is dit roekeloos in die huidige ekonomiese omstandighede. Ekonome het baie onlangs nog verklaar dat Suid-Afrika die resessie nog baie meer gaan voel as wat tans die geval is, en dat Suid-Afrika se ekonomie nog verder gaan swaarkry. Verbruikers is reeds besig om hulle rieme stywer te trek as gevolg van die ekonomiese krisis, maar nou word al hulle besparingsplanne in die wiele gery as gevolg van hierdie belaglike tariefverhoging.

No comments:

Post a Comment