Afrikaner perspektief: Geskryf deur Dirk Uys
Jacob Zuma is vinnig besig om bekend te word vir sy vermoë om sommer in een dag twee teenoorgestelde dinge kwyt te raak. Is die taxibestuurders ongelukkig oor die nuwe beplande snelbus-stelsel? Hy beveel dat alles gestaak word totdat onderhandelinge met die bestuurders plaasgevind het om vas te stel hoe hulle kan “baat” by die stelsel. Wanneer hy egter met sakelui praat, is hy ewe ernstig oor die projek en meen dat dit noodsaaklik is vir vooruitgang. Die uitstel van die lang verwagte vervoerstelsel gaan ernstige gevolge hê vir die metro van Johannesburg, wat kontraktueel verbind is om teen 1 September bykans R400 miljoen aan kontrakteurs vir die stelsel te moet opdok. In hierdie soort detail is ons staatshoof natuurlik nie geïnteresseerd nie. (Foto na links: Suid Afrika se President, Jacob Zuma, besig met 'n oorlogsdans.)
Volgens onlangse persontledings wil dit al meer voorkom of Zuma sy rol in ‘n seremoniële pos verander. Dit is natuurlik ‘n wyse skuif van hom: met Trevor Manuel wat as ‘n soort eerste minister uitvoerend agter die stuurwiel inskuif en Gwede Mantashe wat die party weer onder beheer hou, kan Zuma rustig wees en hom besig hou met dit waarmee hy gemaklik voel: holle retoriek. “If you don’t like my principles, I’ve got others,” het Groucho Marx gesê. En Zuma doen hierdie leuse perfek gestand.
Tydens sy staatsrede ‘n paar weke gelede het Zuma ‘n beroep op sy regeringsamptenare gedoen om veral tydens die huidige resessie te spaar en geld “verstandig” te bestee. Toe die provinsiale regeringslede egter hulleself te buite gegaan het met die aanskaf van blink voertuie, was hy stil. Watter voorbeeld stel hy in elk geval met die uitbreiding van die presidentskantoor en die skep van nuwe ministeries? Suid-Afrika het nie nog ministers nodig nie, maar eerder meer vaardigheid op plaaslike en munisipale vlak. Hieraan word egter niks gedoen nie.
Sy eie regeringslede maak hulleself aan skisofreniese gedrag skuldig. So raak Afrikaners ‘n ruk gelede opgewonde oor die versoenende en pragmatiese woorde van Tina Joemat-Pettersson, die nuwe minister van landbou, net om gister ontnugter te word deur Buyelwa Sonjica, minister van wateraangeleenthede. Sonjica het op 23 Junie naamlik verwys na Suid-Afrika se skaars waterbronne wat deur “vyandige boere” bedreig word. Hulle steel volgens haar miljarde liter water ‘n jaar om hulle lande mee te besproei. Sy het die parlement meegedeel dat die polisie die department nou sal moet help om boere te gaan aanspreek, aangesien hulle vyandig is oor toegang tot hulle grond. Is dit nie miskien te verstane nie? Sowat 3000 van ons beleërde boere is al sedert 1994 uitgemoor. Onder sulke omstandighede sal enigeen twee keer dink voor hy vreemdes op sy plaas toelaat.
Nathi Mthethwa, minister van polisie, het sy mandaat onlangs begin deur te velde te trek teen misdaad en allerlei nuwe maatreëls aan te kondig. Toe die Egiptiese sokkerspan egter enkele dae gelede in hulle Johannesburgse hotelkamers besteel is, het hy dit afgemaak as iets wat enige plek in die wêreld kon gebeur. Daarna het persberigte verskyn oor prostitute wat kwansuis die spelers se geld sou gesteel het. Die woedende spanbestuurder het daarop gewys dat die geld uit die hotelkamers verdwyn het terwyl die spelers besig was om teen Italië te speel. Fikile Mbalula, die adjunkminister van polisie, het op ‘n perskonferensie - dik van die lag - die verontwaardigde Egiptenare se bewerings afgemaak. Volgens sy lomp en onheholpe uitspraak kan die polisie nie verantwoordelik wees vir mense “wat nie sekuriteitsvriendelik” is en deur spelers na hulle kamers genooi is nie. Dít ten spyte van die Egiptenare se uitdruklike ontkennings dat hulle geld deur prostitute gesteel is.
Moet ‘n mens nie juis nou, met al die oë op jou land gerig, uit jou pad gaan om spelers se veiligheid te verseker nie? En om ten minste waardig en diplomaties teenoor buitelanders op te tree nie?
Die minister van plaaslike regering en tradisionele aangeleenthede, Sicelo Shiceka, het op 10 Junie toegegee dat die meeste Suid-Afrikaanse munisipaliteite nie meer korrek funksioneer nie en dat korrupsie algemeen voorkom. Die minister het verwys na ‘n noukeurige ondersoek wat oor die afgelope twee maande by munisipaliteite in die Noordwes-provinsie uitgevoer is.
"This process was characterised by meetings that concluded at 5am in the morning, where ordinary councillors making shocking confessions of rampant and systemic corruption, and senior officials in government broke down in tears admitting that they were clueless as to the real state of local government in their province," aldus Shiceka in sy toespraak.
Shiceka se departement het ‘n wye reeks probleme in hierdie munisipale gebiede aangetref: gebrek aan verantwoordbaarheid by amptenare, bedrog en korrupsie, finansiële stelsels wat ineenstort, gebrekkige arbeidsverhoudinge en swak dienslewering.
Die minister het voorts die volgende dramatiese aankondiging gedoen:
"I am taking the liberty of sharing this experience with this assembly to argue that if the North West is indicative, in any way, of what is happening in our municipalities in the other eight provinces then we need to declare a national state of emergency on local government in this country."
Vanoggend vertel die persberigte egter ‘n ander storie: premier Maureen Modiselle van die Noordwes-provinsie ontken naamlik ten sterkste dat haar provinisie besig is om ineen te stort. Sy het ’n beroep op “kalmte en geduld” gedoen en gevra dat die plaaslike owerhede “tyd en ruimte” gebied word om hulle probleme op te los.
Miskien kan al hierdie onbeholpe politici iets leer uit die voorbeeld van Kanyisiwe Mkonza, voormalige SABC-raadvoorsitter wat haar tans in die spervuur bevind weens die korporasie se enorme probleme. Sy het gister tydens ‘n sessie met die parlementêre komitee verwys na haar eie “swak leierseienskappe” en openlik erken “I do agree, I suck as a leader.”
Maar net toe ons begin hoop skep uit hierdie eerlike bekentenis, het Pansy Tlakula, een van die SABC-raadslede, almal se asems weggeslaan het deur te vra of sy en die ander raadslede dan nie geregtig was op ‘n kleretoelaag nie, aangesien die parlementêre komitee die raad opgekommandeer het vir die dag se vergaderings in Kaapstad.
I rest my case.

No comments:
Post a Comment