Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Monday, September 20, 2010

Oranjekas neem die voortou

Tydens ’n strategiese beplannings vergadering van Oranjekas Desember 2009, het die Direksie van Oranjekas die visie van Oranjekas gedokumenteer as : “Oranjekas neem die voortou in die vestiging van ’n volksekonomie deur professionele volkseie bankdienste aan die Afrikanervolk te verskaf.” Hierdie visie mag dalk vreemd klink, veral as die vraag waarmee Oranjekas die meeste gekonfronteer word deur kliente die volgende is: “Hoekom kan julle nie doen wat die ander kommersiële banke doen nie?”

Hierdie vraag word so gereeld gevra (en geantwoord) dat Oranjekas dit nodig geag het om dit ook hier te antwoord. Na aanleiding van die antwoord sal dit ook duidelik word dat daar waarheid is in die visie van Oranjekas.

Op hierdie stadium lewer Oranjekas verskeie dienste en produkte. Spaarrekenings, vaste deposito’s en alle tipe lenings word toegestaan, maar daar is een aspek waarin Oranjekas nog in gebreke is. Ons mense vereis elektroniese bankdienste en bankkaarte. Sonder hierdie dienste, is ’n bank nie ’n bank nie. Lees meer...

No comments:

Post a Comment