Deur Vlad du Plessis
Die gesprek wat onlangs deur Anton Barnard oor ’n Afrikaner Owerheid (AO) aan die gang gesit is, moet momentum behou. Ook die insette deur Johann Wingaardt en Christo Landman in hierdie verband is waardevol en belangrik.
Daar bestaan reeds breë gronde vir samewerking tussen Afrikaner-organisasies ter wille van ’n te stigte AO. Weens die inklusiewe aard van ’n AO is dit moontlik om almal vanaf Kleinfontein, die Orania -beweging, PRAAG, die FAK en vele meer daarbinne te akkommodeer.
Selfs die FAK wat tradsisioneel meer aan die ‘linkerkant’ van die Afrikaner spektrum is, het onlangs, by monde van sy voorsitter, Danie Goosen, ’n konsep van selfbeskikking uitgestip wat op ’n AO sou neerkom. Sekere organisasies is betrokke by die volksverkiesingskommissie (VVK) en hierdie inisatief het op sigself die potensiaal om aan ’n AO beslag te gee.
Tog, daar is nog steeds geen duidelike breë Afrikaner-agenda vorentoe nie en die ondraaglike faksionalisme duur voort. Dit is om hierdie rede dat ek voel dat Anton Barnard se motivering vir ’n AO, wat in die kort termyn ondemokraties tot stand kom, geldig is. Dit sal in die onmiddellike noodsaaklikheid vir ’n kragtige Afrikanermondstuk en voorhoede-beweging voorsien. Demokratisering kan volgens ’n tydraamwerk wel gebeur. Die beoogde volksverkiesing kan die voertuig hiervoor wees, maar ek dink nie ons moet een dag verder mors om nie eenheid onder ’n tussentydse AO te bereik nie.
Die AO moet egter deur alle geloofwaardige Afrikaner-organisasies gestig word. Weereens gaan dit daarop neerkom of die huidige leierskap die moed sal hê om enige inisiatief te neem. Dis nou al reeds enkele weke sedert die PRAAG-OB-FAK-Afriforum gesprek en ons sien nog steeds geen sprake van enige handeling nie.
Aan die ander kant is daar die losse Afrikaner-forum wat wel geslaag het om enkele organisasies bymekaar te bring, maar dit is nog geheel en al te faksionalisties. Vir daardie forum om werklik ’n Afrikanerforum te wees, sal dit ook PRAAG, die FAK, Afriforum, en die OB moet insluit. Ek vermoed dat leierskap-ego’s en fundamentalisme nog steeds verdelend is.
Wat is fout met Afrikanerleiers dat hulle nie mekaar wil vind nie? Is dit omdat hulle fokus op die selfsugtige redes wat hulle onderskei van mekaar eerder as die gemeenskaplike gronde?

Vlad ek het gewonder of daar nie maar aanhoudend gesprekke gereel moet word soos die een by Diamantvallei nie.
ReplyDeleteEk glo die volk gaan die leiers maar moet dwing om iewers te begin. Moet daar nie weer 'n gesprek gereel word maar met meer leiers teenwoordig en waar die tema dan iets sal wees soos die vorming van die AO daar en dan nie.
Mike, daar is nou weer heelwat gesprek rondom na AO na aanleiding van n artikel op Praag.co.za waar probleme rondom die VVK bespreek is.
ReplyDeleteEk dink dat daar n nasionale kongres gereel oet word waar alle moontlike afrikaner organisasie uit genooit moet word om hulle self bekend te stel aan die ander en ook ekleen se moontlike plan vir adrikaner selfbeskikking uit te stippel. Dit kan help om mense by mekaar uit te bring , dat ons kan idees vorm vir n Afrikaner Owerheid .