Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Sunday, August 1, 2010

Anglo Platinum maak geld soos bossies

Anglo Platinum se wesensverdienste het met 532% in die halfjaar tot einde Junie gestyg. Dié stewige groei, wat verwagtinge oortref het, is te danke aan die noemenswaardige verbetering in die wêreldmark vir platinummetale vanjaar. Die motorbedryf is ook besig om van die resessie te herstel en aangesien die meeste platinum vir motorvervaardiging gebruik word, behoort Anglo Platinum daarby te baat. Anglo Platinum se beter winsposisie is nie net te danke aan die goeie platinumprys nie maar ook aan beter produktiwiteit per werknemer. Dié groep het verlede jaar sy arbeidsmag van 60 000 na 19 000 werknemers verminder. Lees verder...

No comments:

Post a Comment