Alternatiewe Nuusportaal / Alternative News Portal



Thursday, July 2, 2009

Sokkerwêreldbeker 2010: Laat ons leer by die Tibetane

Afrikaner perspektief: Geskryf deur Vlad du Plessis

Volgende jaar vier die Mzanzi-staat die Wêreldsokkerbeker. Hierdie spoggeleentheid is 'n vertoonvenster, waar die gasheerland die kans kry om homself aan die wêreld te bemark. Die ANC-regime het vir jare lank baie hard daaraan gewerk sodat hierdie bod aan Suid Afrika toegestaan kon word.

Die ANC moes witvoetjie soek net waar dit kon en meermale het dit gelyk asof die verskeie chaotiese probleme van die Mzanzi-staat Suid-Afrika se bod sou kelder. Tog het die ANC se geswoeg deur almal - van Danny Jordaan tot die halfgod Mandela - vrugte gelewer, toe die bod aan hulle toegestaan is. Groot was die vreugde oor hierdie enorme wins vir die ANC!

Die blote aankondiging van die bod deur Sepp Blatter van Fifa, was Op sigself 'n oomblik van pure euforie vir die ANC-leiers en amptenary. Daarna sou vele konstruksie en ander kontrakte vir die oprigting van die Wêreldbeker-infrastruktuur volg waaruit hierdie einste kleptokrasie sou voordeel trek. Intussen sou nog etlike honderde duisende onwettige immigrante Suid-Afrika binnestroom om voordeel uit die tydelike werksgeleenthede te trek. Uiteindelik sal die geleentheid kulmineer in die openingseremonie en dan sal die Mzanzi-staat sy volle glorie wil uitstal.

Intussen is dit die onderdrukte, uitgebuite Afrikaner-melkkoei wat die rekening moet betaal. Die ANC spog met bates wat hulle van die Afrikaner gesteel het. Intussen word Afrikaners gewelddadig gestroop deur onwettige swart immigrante. Wanneer die laaste bal geskop is en die ligte van die laaste stadion afgeskakel word, gaan honderde duisende skoonmakers, veiligheidswagte, konstruksiewerkers en nog meer sonder werk sit. Hierdie massas sal hul wend tot die Afrikaner as legitieme misdaadteiken soos konstant deur die ANC aan hul uitgewys word.

Die ANC en almal wat uit hierdie sokkerkaskenades gaan voordeel trek, verteenwoordig die parasiete wat die Afrikaner van sy land en sy geboortereg beroof. Die Afrikaner kan nie stilsit en toekyk nie. Die Afrikaner moet soos die Tibetane, met die Olimpiese Spele in Beijing, die Wêreldsokker 2010 gebruik om die ANC te verneder. Ons moet uit ons pad gaan om hul onwettige orgie van spandabele gedrag, wat op ons rekening plaasvind, te bederf.

Die Afrikaner behoort die 2010 Wêreldbeker te gebruik as verhoog om aan die wêreld te wys hoe die ANC verdrukking en volksmoord op ons mense pleeg. Hier is die ideale geleentheid om ons stryd na die internasionale arena te neem en om die ANC Mzanzi-regime as die verpestelike muishond uit te wys wat dit is.

1 comment:

  1. Hierdie sokker word in ons kele afgedruk,sokker was nooit n spel vir Boere/Afrikaner,nie eers op radio uitgesaai,nou moet ons tot vervelens toe hoor"33 dae oor voor sokker begin"Baie van voorbereidings word met ons belastinbetalers se geld gedoen,en dan is dit ook nog n brouery,kyk maar hoe lyk paaie,gautrein nognie klaar en ek voorspel na sokker sal daar nie geld wees om klaar te maak.Daar word 350,000 besoekers verwag,na skatting +- 20,000 ekstra busse en motors op paaie en ons paaie kan nie eers huidige verkeer dra,wat nog van al die vlugte en vervoer van en na lughawens,neewat hier kom n ding.Ons wat hierdie dinge sien moet maar laag le en as sirkus verby is die verwoesting rondom ons aanskou!

    ReplyDelete